On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Nolwethu
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Rentekoersverlaging 'n verligting vir landboubedryf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:07 Mon, 23 Mar 2020

Rentekoersverlaging 'n verligting vir landboubedryf | News Article

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se rentekoersverlaging bring 'n mate van verligting vir die landboubedryf, wat onder geweldige druk gebuk gaan.


Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB-landbou, sê dit is goeie nuus vir die landboubedryf, wat onder erge droogtetoestande deurgeloop het veral in saaigebiede in die Vrystaat en Noordwes, asook produsente in die Noord-Kaap, wat steeds geldelik swaartrek weens die voortslepende droogte. Hy sê die rentekoersverlaging van 'n honderd basispunte of 1% was broodnodig in die landboubedryf. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Maree gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy meen onder normale omstandighede met uitsluiting van die uitsonderlike situasie rondom die koronavirus, was inflasie in die land onder beheer met ekonomiese groei wat laag is. Dit is die faktore wat die Suid-Afrikaanse Reserwebank in ag neem wanneer hulle besluite oor die rentekoers neem.   

As dit in ag geneem word, sou die Reserwebank in elk geval die rentekoers met ten minste  25 tot 50 basispunte verlaag het, juis omdat die inflasie-verwagtinge laag is met lae ekonomiese groei in die land. 

Maree sê met die koronavirus, wat die onsekerheid in die markte bring, het die Reserwebank die verlaging vervroeg. 

In terme van die toekomstige inflasieverwagtinge vir Suid-Afrika kan die Reserwebank met die lae prys van olie en kosinflasie wat onder beheer is, moontlik verdere rentekoersverlagings later aankondig. 

Volgens hom is dit in die stadium moeilik om te bepaal wat die impak van die koronavirus op die land en die landboubedryf gaan hê. Dit gaan egter 'n geweldige groot impak hê, maar daar is 'n voordeel wat die landboubedryf daaruit kan put. Dié bedryf produseer kos, en mense moet eet of hulle siek is of nie. Landbou kan moontlik geraak word met die prys van produkte wat onder druk gaan kom weens lae ekonomiese groei en ander faktore, wat nie noodwendig verband hou met die koronavirus nie, maar dié bedryf kan kos produseer.  

Maree meen in terme van die landbouwaardeketting voorsien hy ook nie 'n probleem nie, aspekte in terme van voorsiening kan in 'n mate geraak word wanneer werknemers dalk nie beskikbaar is weens die koronavirus nie, maar in die algemeen kan kos in Suid-Afrika geproduseer word en aan verbruikers beskikbaar gestel word.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.