On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Saai: Veilings noodsaaklik in waardeketting

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 23:16 Mon, 27 Apr 2020

Saai: Veilings noodsaaklik in waardeketting | News Article

Veilings van lewende hawe is deel van die landboubedryf. Landbou word as ‘n noodsaaklike diens tydens die nasionale Covid-19-inperkingstydperk geklassifiseer, en voorsien belangrike produkte vir verbruik.


Daar kan na diere se welsyn omgesien word en dit is toelaatbaar om vleis te verkoop en aan verbruikers te verskaf. Daarom is veilings van lewende hawe juis noodsaaklik in die waardeketting. Dit is Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, 'n organisasie wat die belange van familieboere beskerm, se reaksie op die verwarring wat heers oor dié veilings wat tydens die staat van inperking aangebied mag word of nie. Dit kom nadat die polisie in die Vrystaat Dinsdag by die veilingskrale van André Kock en Seun, en Noord-Kaap Lewende Hawe in Kroonstad opgedaag het en alles in die stryd gewerp het om dié veeveilings te staak. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Rossouw gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Rossouw meen die verwarring in Kroonstad het ontstaan met die vorige regulasies waarvolgens die samekoms van nie meer as 50 mense toegelaat is nie. Daar is egter intussen nuwe regulasies bekendgemaak, waarin die hoeveelheid mense wat byeen mag kom nie duidelik uitgestippel word nie. Slegs 'n byeenkoms word in dié nuwe regulasies omskryf en dit word verbied. Hy sê die polisie tree op volgens die nuwe regulasies en dit is heel waarskynlik waarom die veilings in Kroonstad verbied is. Hy sê Saai het egter navrae aan die minsiter van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, en die minister van polisie, Bheki Cele, gerig en hoop op hul spoedige terugvoer in dié verband.

Volgens Rossouw sal daar dringende stappe gedoen word indien daar nie spoedig duidelikheid is oor dié situasie nie, want die verbod op veilings vroeër vanjaar weens die uitbreking van bek-en-klouseer het 'n negatiewe impak op die bedryf gehad.

"Dit is belangrik dat boere bygestaan word ten opsigte van hul regte," sê hy.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.