On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

#Covid19: 'ANC-bestuursvernuf skiet tekort,' meen ontleder

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 20:24 Sun, 10 May 2020

#Covid19: 'ANC-bestuursvernuf skiet tekort,' meen ontleder | News Article

Die ANC is ‘n "grondige genetiese korrupte instelling", wat nie bevoeg genoeg is om die staat te bestuur nie.


Die regering se bestuursvlakke, ook op provinsiale en munisipale vlak, is veel erger van aard, en daarom is dit naïef om die teendeel te midde van die Covid-19-pandemie te verwag. Dit is volgens dr. Piet Croucamp, 'n politieke-ontleder van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat meen voor die uitbreking van dié pandemie het prosesse op regeringsvlak nie vlot verloop nie, en die situasie het te midde van dié pandemie ietwat verbeter, maar daar moet nie groot verwagtinge wees dat dit vorentoe seepglad gaan geskied nie.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy meen landbou het nou die meeste vryheid in vergeleke met ander sektore in die land se ekonomie, en dit wil voorkom of landbou die regering se "witbroodjie" is in dié uitdagende tyd. Dit beteken egter nie alles word goed bestuur nie. 

Volgens Croucamp is die landboubedryf self-aangewese, want die regering kan nie sy verpligtinge nakom nie, terwyl daar ook nie koördinasie is tussen regeringsdepartemente nie. Daar gaan egter nog baie groeipyne wees en om te verwag dat die regering se bestuursvernuf gaan verbeter, is verregaande. 

Hy sê ten opsigte van regeringshulp moet boere, veral in die kommersiële bedryf, besef dit is geensins 'n gegewe nie. Die regering se veronderstelling is dat kommersiële boere oor 'n gunstiger vermoë beskik om 'n krisis soos dié te hanteer, terwyl kleinboere slegter af is in dié verband. Kommersiële boere het meer toegang tot kapitaal en bates teenoor die situasie waarin kleinboere hulself bevind.

Croucamp meen daar is sowat 400 000 kleinboere in Suid-Afrika en as die departement van landbou se Covid-19-geldelike hulp van R1,2 miljard, wat vir dié boere bestem is, in ag geneem word, dan is dit nie baie geld nie. Daar is sowat 35 000 geregistreerde kommersiële boere in Suid-Afrika, en 'n bykomende 30 000 boere wat nie op dieselfde vlak boer nie. As al die boere in Suid-Afrika saamgestel word, dan is regeringshulp van R1,2 miljard geensins voldoende nie. 

Dit moet egter in perspektief gebring word in die sin dat as 'n kleinboer probleme ondervind, lei dit tot honger, terwyl 'n kommersiële boer se onopgeloste probleme tot skuld lei. 

Croucamp meen dit gaan nou oor prioritisering en hy sou graag wil sien dat kommersiële boere, wat grootliks verantwoordelik is vir voedselsekerheid, staande bly, maar dié boere moet besef hulle gaan nie kan boer en op die regering vir kapitale steun staatmaak nie. Hul besighede moet onafhanklik van die staat wees. Dié boere moet op hul eie been kan staan.

Dit was dr. Piet Croucamp, ‘n politieke-ontleder van die Noordwes-Universiteit (NWU), slegs op die Agri-Uur.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.