On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

SA-varkbedryf neem biosekuriteit ernstig op

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 21:56 Tue, 12 May 2020

SA-varkbedryf neem biosekuriteit ernstig op | News Article
FOTO: Senwes

Biosekuriteit kan toegepas word in die Suid-Afrikaanse varkbedryf, omdat die produksieproses uit ‘n gekontroleerde stelsel bestaan.

 

Johan Kotzé, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, sê varkboere het begrip vir die vereistes wat in die Covid-19-grendeltydperk gestel word. Dit is omdat tegnologie en stelsels wat in plek is in dié bedryf van 'n hoë gehalte is. Veral die toepassing van biosekuriteit is indrukwekkend en dra daartoe by dat veilige vleis in die mark versprei word.  Dit kom nadat Afrika-varkpes in vyf landelike dorpies in die Oos-Kaap bevestig is. Daar het reeds 50 varke gevrek, maar die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, werk hard om die verspreiding van dié siekte te verhoed. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Kotzé sê varkboerdery is 'n kapitaal-intensiewe bedryf. Die gemiddelde varkboer in die land het sowat 'n duisend sôe en indien hokke reg gebou word, werk dit uit op sowat R100 000 per sog. Juis daarom sal produsente seker maak dat hulle veilige praktyke handhaaf om geldelike verlies te vermy. Dit is 'n reuse-belegging vir hulle, sê hy. Dit tel ook in Suid-Afrika se guns dat plase verspreid voorkom, want as daar 'n uitbreking is op 'n plaas kan daardie gebied onder kwarantyn geplaas word in 'n poging om verspreiding van 'n siekte soos Afrika-varkpes te voorkom.  

Hy beklemtoon dat Suid-Afrika 'n gesonde kudde het en die grootste dryfveer vir die bedryf is die fokus op hul kuddes en ten opsigte van dié siekte is dit belangrik om te onthou dat dit geen risiko vir die mens inhou nie, behalwe dat dit voedselsekerheid kan raak. Die bedryf se grootste bate is daarom dieregesondheid en dit word beskerm, nie slegs in die kommersiële bedryf nie, maar ook met betrekking tot kleinboere. Suid-Afrika beskik oor besonderse kleinboere wat goeie praktyke volg, al is dit nie op dieselfde standaard ten opsigte van  infrastruktuur nie, maar ook dié boere kan gesonde varke lewer, omdat die bedryf gewoond is aan dieresiektes en in staat is om hulself te midde van siektes kan bestuur. 


OFM-nuus

 


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.