On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Prys van lewende hawe op veilings op die herstelpad

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 00:17 Thu, 14 May 2020

Prys van lewende hawe op veilings op die herstelpad | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is.



Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...

 

Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die prys van lewende hawe op veilings het  dramaties herstel nadat daar drie weke gelede 'n insinking in die prys was. Daarmee saam moet dit in ag geneem word dat die prys van diere dié tyd van die jaar gewoonlik die laagste is, omdat die totale veestapel in die land vet is. Die totale kg van vee wat beskikbaar is, het 'n neerdrukkende uitwerking op die prys daarvan. Hy sê die prys van vee neem ook af omdat boere hul speenkalwers voor die winter wil verkoop. Speenkalwers onder 200kg het vandeesweek teen R32,13 per kg verkoop, speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R29,89 verkoop en speenkalwers oor 250kg het teen R28,21 per kg verkoop. 

Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste     - Was nie beskikbaar nie

B-klas beeste     - R 21,16  per kg

C-klas vet koeie  - R19, 77  per kg

Maer koeie          - R15,00   per kg

Slagbulle              - R17,02   per kg

Skape: 

Stoorlammers      - R34,45 per kg

Slaglammers        - R31,80 per kg

Stoorskape           - R27,23 per kg

Vetskape               - R28,04 per kg

Bokke

Lammers           - R 35,99 per kg

Ooie                   - R 25,54 per kg


OFM-nuus


 


PRESENTER OUTRO: Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.