On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Vrystaat Landbou skud sy kop vir Nersa

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:52 Mon, 25 May 2020

Vrystaat Landbou skud sy kop vir Nersa | News Article

Vrystaat Landbou (VL) het sy teleurstelling uitgespreek in die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa), wat die nasionale kragvoorsiener, Eskom, se prysverhogings goedgekeur het.


Francois Wilken, president van VL, sê dié organisasie doen al etlike jare voorleggings en rig vertoë in openbare verhore van Nersa om die verhoging van tariewe, wat bo inflasie strek, teen te staan. Dit kom nadat Nersa nou goedgekeur het dat Eskom sy verlies van die 2018/19-boekjaar kan verhaal deur tariewe vir die volgende boekjaar by te voeg. Dit kom neer op 'n verhoging van 6,5%. Wilken sê dit kom nou op 'n slegte tydstip vir die landboubedryf. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hiermee laat Nersa toe dat Eskom R13,3 miljard van die R27,3 miljard oordra aan verliese wat in die vorige boekjaar gely is. Hy sê dit is juis nou uiters belangrik dat landbou volhoubaar moet wees ten opsigte van voedselvoorsiening en om die voedselwaardeketting in stand te hou en elektrisiteit is 'n groot uitgawe vir boere in besproeiing en intensiewe boerderye, hoenders en verwerkingsaanlegte. Hy sê dit is onaanvaarbaar dat  kliënte van Eskom, wat betaal en op hoogte bly daarmee, nou vir probleme en wanbestuur by Eskom moet boet. Hy sê die oplossing is dat uitstaande skuld op munisipale vlak ingewin moet word en nie die hele tyd op verbruikers wat betaal steun nie.

Hy sê hernubare energiebronne is meer kostedoeltreffend, maar weens die burokratiese rompslomp wat betref die gebruik daarvan en die koste daaraan verbonde om met die netwerk te verbind, word die proses belemmer.

Dit was Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL).


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.