On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 20:07 Wed, 27 May 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat ons met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Hy praat vanoggend oor waardekettings in die landbou en internasionale riglyne vir die behoorlike skep van welvaart. Laubscher sê ‘n nuwe klem op die rol wat die landboubedryf kan en behoort te speel as ekonomiese groeistimulant is op waardekettings geskoei.

Hier is Laubscher... 


Sien onderstaande PODCAST


Waardekttings kan omskryf word as 'n reeks aktiwiteite wat betrokke is by kosproduksie. Hy sê die ware omvang van wat dit vereis om byvoorbeeld ‘n brood te kan koop, word te dikwels gerieflikheidshalwe oor die hoof gesien.  Verbruikers gee ook die pas aan in terme van ontevredenheid as dié brood te duur of glad nie beskikbaar is. Die afgelope droogte se gevolge in terme van koste van brood weens 'n ontoereikende aanbod, is gou vergete.  Vir baie het droogte min betekenis, want daar was altyd brood op die tafel, al is die meel van ingevoerde koring, maar die boer is weliswaar die belangrikste skakel in enige ketting, terwyl baie ander betrokkenes nodig is om boere aan te vul dat daar wel brood op die tafel is. 

Laubscher sê die plaashek begrens nie die waardeketting nie, dit is wel ‘n belangrike deel daarvan. Graanprodusente se besluit om te produseer behels ‘n reeks besluite voor die plaashek en dit gee gevolg aan ‘n deel van die waardeketting, wat onder meer besluite oor kunsmis, onkruidbestuur en diesel, asook energie insluit. Dié insette moet op die plaas kom – dit is die logistiek van die waardeketting.  Arbeidsinsette in die produksieproses omvat ‘n nuwe ketting en wanneer die oes uiteindelik gestroop word, is ‘n hele reeks ander aksies nodig voordat die brood uiteindelik verbruikbaar is. Dink net aan wat alles met dié brood gebeur – ‘n nuwe waardeketting lewer heel brode en toebroodjies - selfs broodkrummels het waarde. Transformasie is duidelik, al kom die produk nog dieselfde voor, want ‘n brood vars uit die oond verskil van 'n brood in die supermark, dit kom neer op waardetoevoeging.  

Hy meen landbou se bydrae tot ekonomiese groei kan nie slegs gemeet word aan die hand van die waardes by die plaashek nie. Vir die bedryf in die geheel is dit minder as 3% en dalend. Indien die produk by die plaashek as die brandstof vir die optimale funksionering van die waardeketting gesien en hanteer word, kan landbou se bydrae tot die Bruto Binnelandse Produk  20% en meer wees, afhangende van die bedryf. Dié bydrae kan nie versmaai word nie.  Wat egter moet gebeur, is groter deelname deur die boer om die waarde wat sy produk skep ná die plaashek te verhoog. Trouens boere dra disproporsioneel aan die risiko as mens dit vergelyk met die prys.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.