On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   10:58 Wed, 03 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 93% van die Amerikaanse mielies vir dié seisoen reeds aangeplant, wat meer is as die vyf jaar gemiddelde tempo van 89% wat voltooi was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die weeklikse produksievorderingsverslag dui ook aan dat 74% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand is. Dit is beter as die vorige week se skatting van 70%. 

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R28/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 395/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R36/ton laer verhandel om teen R2 513/ton te sluit.


Sojabone: 

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 75% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds aangeplant, wat meer is as die vyf jaar gemiddelde tempo van 68% wat voltooid was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die weeklikse produksievorderingsverslag dui ook aan dat 70% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand is.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R22/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 426/ton te sluit.


Koring:

Die weeklikse produksievorderingsverslag dui ook aan dat 51% van die Amerikaanse winterkoring in 'n goeie tot uitstekende toestand is, wat swakker is as verlede week se 54%, wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was.

Die winterkoring-stroopproses in Amerika het begin en volgens die nuutste weeklikse verslag is 3% van die winterkoring reeds gestroop. Die 5 jaar gemiddelde tempo teen hierdie tyd van die jaar is 2% voltooi.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R20/ton laer verhandel om teen R5 299/ton te sluit.

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.