On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Diereproteïene altyd daar, maar toekoms van plantproteïene goed

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:09 Wed, 03 Jun 2020

Diereproteïene altyd daar, maar toekoms van plantproteïene goed  | News Article
PHOTO: Food Stuff SA

Die produksie van diereproteïene vorm 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar daar is bestaande geleenthede wat oorweeg kan word in terme van alternatiewe plantproteïene.


Chris Potgieter, hoof van privaat-kliënte sekuriteite by Old Mutual Wealth, sê dié alternatiewe proteïene, wat plant-ekstrak en gefermenteerde proteïene insluit, is nie 'n nuwe verskynsel in die wêreld nie. Hy sê in terme daarvan beskik die wêreld, insluitende Suid-Afrika, oor die nodige insig en daarom is daar gulde geleenthede uit 'n beleggers- en produksie-oogpunt vir dié alternatiewe proteïene. Dit is in sy mening binne Suid-Afrika se bereik, maar die geleenthede moet net raakgesien word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Potgieter gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy meen diereproteïene gaan nie verdwyn nie, maar die moontlikheid dat diereproteïen in die toekoms dalk 'n prima-proteïen vir verbruikers kan wees, bestaan. Daarmee saam kan plantproteïene in 'n stapelvoedsel verander. Hy sê daar is wel nie 'n reuse-tekort aan diereproteïene tydens die Covid-19-pandemie nie, in vergelyking met die situasie in Amerika nie, en hoewel dié tekorte plaaslik nie so erg is nie, is daar wel nie dieselfde keuses van produkte wat nou beskikbaar is op winkelrakke soos die situasie voorheen was nie.  

Hy meen plantproteïene is wel beskikbaar op die plaaslike mark, maar dit is nie goedkoop nie en in Suid-Afrika is dié produkte meer gemik op verbruikers, wat die geldelike vermoë het of genoop word weens gesondheidsredes om dit te verbruik. Dieselfde groot verskeidenheid van dié produkte, soos die geval in Amerika, is ook nie plaaslik beskikbaar nie. Suid-Afrika is egter al vir dekades besig om sy alternatiewe proteïene en oliesade na te vors en proteïen-ekstrakte te ondersoek. Dit is 'n wêreldwye fenomeen en SA is wel 'n deelnemer daaraan en hoewel dit nog nie plaaslik gekommersialiseer word nie, sal Amerika 'n toonaangewende rol speel. 


OFM-nuus











 


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.