On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Aanvraag na alle klasse vee op veilings vergroot

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 22:50 Thu, 18 Jun 2020

Aanvraag na alle klasse vee op veilings vergroot | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is hy ...


Sien onderstaande PODCAST


Derksen verskaf die verslag van veilings wat Dinsdag plaasgevind het. Koue en nat toestande is uitdagend vir mielieboere om hul mielies te stroop. Die mark bly sterk met die prys wat vir diere behaal is, wat nie dramaties gestyg het nie. Daar is egter 'n groot aanvraag vir alle klasse vee. 

Hy sê die prys van speenkalwers styg goed en dit kan toegeskryf word aan 'n bestaande uitvoermark. Daarmee saam het die prys van skape ook toegeneem, maar dit is nie 'n tendens wat kan voortduur nie, omdat daar reeds 'n aanduiding is dat die prys van vetlammers afgeneem het, sê hy. Selfs die prys van maer koeie het gestyg, sê hy.    

Speenkalwers onder 200kg het teen R32,87 per kg verkoop, speenkalwers tussen 200kg en 250kg teen R32,35 en speenkalwers oor 250kg het teen R29,84 per kg verkoop.

 

OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.