On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

#VrystaatLandbou: Paraatheid van groot belang weens plaasaanvalle

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 01 Jul 2020

 #VrystaatLandbou: Paraatheid van groot belang weens plaasaanvalle | News Article

Boere se veiligheid is in hul eie hande.


Dit is volgens Kempen Nel, die streekveiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) in die Xhariep-distrik in reaksie op die toename in aanvalle op plase in die Vrystaat die afgelope week. Nel sê boere beveilig hulself wel in 'n redelike mate, maar meer kan gedoen word. Die belangrikste daarvan is egter paraatheid. Nel het vroeër aan OFM-nuus gesê boere in die Petrusburg en aangrensende gebied het vinnig gemobiliseer ná 'n paniekkennisgewing Vrydagaand kort nadat Janetta du Toit en haar seun, Wimpie, op die plaas Lovedale aangeval is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nel gepraat....


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dit wil nou voorkom of ouer produsente in dié aanvalle geteiken word. Kempen maan boere om veilig te wees in situasies en dit te vermy om saans hul huise te verlaat om byvoorbeeld ondersoek te gaan instel na kragonderbrekings. Dit is ook belangrik om daarop te let dat nie slegs vuurwapens gebruik word in dié aanvalle nie, enige skerp voorwerp, messe, selfs 'n klip word gebruik om slagoffers aan te val en te vermoor. Hy meen daar word bykans 58 moorde per dag in Suid-Afrika gepleeg en vuurwapens word nie noodwendig daarvoor gebruik nie.

Daarmee saam verwerp VL die verspreiding van video-opnames van weerlose slagoffers wat op sosiale media versprei word. Dit is onsensitief en die verspreiding daarvan sonder die toestemming van die slagoffers, word nie goedgekeur nie, sê Nel. 

Dit was Kempen Nel, streekveiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) se Xhariep-distrik. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.