On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Thu, 02 Jul 2020

 Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Sien onderstaande PODCAST


Hy verwys na die mees onlangse gebeure wat naastenby vergelyk kan word rakende die omvang van die impak van die Covid-19-pandemie. Dit is die 2008/09 wêreldwye geldelike krisis waaruit daar lesse te leer is. Laubscher sê Ian Davis, ‘n vorige mede-besturende vennoot van McKinsey, meen daar is  ‘n paar interessante parallelle wat uitgelig kan word. In 'n onlangse publikasie skryf hy dit is duidelik dat afstand weer nuwe betekenis oor die wêreld heen gaan kry. Grenslose markte en mobiliteit was die norm, maar met die sluit van grense om die verspreiding van die pandemie te probeer beheer, is daar weer nuwe waarde vir beter grensbeheer.  Daarmee saam sal daar 'n hersiening moet plaasvind van wie waar kan beweeg. Lande se ekonomieë is krities afhanklik van toerisme en die stygende inkomste van die sogenaamde middelklas het toer en reis as ‘n reg begin opeis. 

Studies toon meer as 3 miljard mense lewe in lande waar grense nie noodwendig gesluit is vir buitelanders nie, maar 93% van die wêreldbevolking is nou onderhewig aan reisbeperkings. Toerisme gaan hervat, maar beslis op ‘n ander vlak met ‘n hele ander impak op ekonomieë. Dit is dan nou al moontlik om virtueel te reis. Daarmee saam sal oorgrenshandel noodwendig ook ‘n gedaanteverwisseling moet ondergaan met baie groter klem op selfvoorsiening.

Die veerkragtigheid van besighede om te kan reageer ná ‘n skok is nog altyd ‘n sterk oorweging by die evaluering van die meriete van sê ‘n aansoek om ‘n lening. Die pandemie het die vereistes hiervoor ook herbelig. Dit sal nou oor meer gaan as net die spreekwoordelike opstaan ná so ‘n ramp, maar hoeveel keer en met watter veerkrag dit sal geskied. Wat in hierdie opsig ook belangrik is, is of dit nie al voortydig ingesleutel behoort te word in die vorm van hulp aan besighede vir die herstelfase ná dié pandemie nie.

Dit kom neer op kontaklose ekonomieë wat die nuwe normaal is. Na wat berig word, het aanlyntransaksies in Italië sedert die begin van Februarie vanjaar met 81% toegeneem. Dit is veral van belang om te let op die toename van dié soort besigheid onder mense van 36 jaar en ouer en wie dit voorheen min of glad nie gedoen het nie.   Daar is insgelyks ook ‘n geweldige groei in die vraag na sogenaamde "tele-medisyne".

Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, slegs op die Agri-Uur. 


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.