On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Senwes-groep toon wins ondanks talle uitdagings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 13 Jul 2020

Senwes-groep toon wins ondanks talle uitdagings | News Article

Die Senwes-groep van maatskappye het die afgelope boekjaar 'n stewige groei van 7,8% teenoor die vorige boekjaar getoon.



'n Nettowins van R303 miljoen is behaal. Daarmee saam het dié groep se verdienste voor rentebelasting met 17,6% vanaf R533 miljoen na R627 miljoen verhoog. Verdienste per aandeel het met 5,4% na 178,3 sent per aandeel gestyg. Francois Strydom, dié groep se hoof uitvoerende beampte, sê dié goeie prestasie kom ondanks 'n uitdagende jaar. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Strydom sê dié groep se inset-pilare, soos hy daarna verwys,  het die afgelope boekjaar dramaties herstel.  Die groep se finansiële dienste het 'n voortgesette opbrengs herhaal ondanks 'n minder gunstige marktoegangskanaal, wat te doen het met 'n kleiner somergraan-oes wat behaal is in dié boekjaar wat  twee produksieseisoene bevat het. Hy sê die oes wat ingesamel is, is in Oktober 2018 aangeplant en is in Mei tot Julie verlede jaar gestroop.  Klimaatstoestande, veral ten opsigte van reën, was toe swak soos toestande in 2015 met 149 mm gemiddelde reën wat in die eerste ses maande voorgekom het. In die laaste ses maande van dié boekjaar het meer reën geval, wat opbrengste gehelp het, maar dit moet in ag geneem word dat die harde slag reeds toegedien is weens die droogtetoestande.  Probleme met die gehalte van die somergraan-oes is ook ondervind. Hy sê egter al was dit uitdagende toestande het dié groep steeds goeie resultate gelewer, waarop hulle trots is.  

Volgens hom is die groep se aankoopverkrygings nog 'n geldelike hooftrek wat in die afgelope boekjaar behaal is. Die Senwes Groep het gedurende die jaar daarin geslaag om 'n 57,7% aandeel in KLK Landbou Beperk te bekom en sy risiko's ten opsigte van sy landboutoerustingsportefeulje te verminder deur die toevoeging van Falcon Agricultural Equipment ter uitbreiding van die Senwes Equipment voetspoor. Verder het Senwes ook die oorblywende 50%-aandeel in Grainovation gedurende die jaar bekom, ten einde sy dienslewering ten volle met sy silobedryf en graanbemarking te integreer.

Strydom sê daar was nog uitdagings waarvan dié kommoditeitsbesigheid op sy eie 'n uitdaging is. Hy meen dit is 'n sikliese besigheid met hoë mededingingsvlakke en op internasionale vlak is daar die blootstelling aan prystendense wat gevorm en ontdek word.  Daarmee saam moet dit in ag geneem word dat graankommoditeite in oorproduksie is oor die wêreld heen. Dit kom daarop neer dat prysvlakke onder geweldige druk is. Op plaaslike vlak is 'n uitdaging  die kliëntebasis (boere) wat deur geweldige groot uitdagings van droogtetoestande gegaan het. Dít sonder staatsondersteuning. Daarmee saam is die onteieningskwessie wat op die tafel is, en waarin die Grondwet gewysig gaan word om eiendom sonder vergoeding te onteien, ook 'n stok in die speke van die landboubedryf.  Dit dra by tot groot beleidsonsekerheid.  

Nog 'n uitdaging op plaaslike bodem is prosesseerders wat blootgestel is aan verbruikers en dié verbruiker in Suid-Afrika is onder druk weens lae winsgewendheid. Hulle het dus beperkte spanderingsvermoë.  

Strydom meen dié groep se behoud in dié uitdagende omgewing is nederigheid asook 'n lojale klantebasis en toegewyde personeel asook 'n goeie bestuurstruktuur. Dit gaan alles oor dienslewering.

Dit was Francois Strydom, die Senwes-groep se hoof uitvoerende beampte, slegs op die Agri-Uur. Om na insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en die Agri-Uur. Skakel ook weeksdae in op OFM vir die landbounuusbulletins om 11:00 en 13:30. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.