On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Druk op Noordwes-munisipaliteit ná toekenning van onbediende grond

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:46 Mon, 28 Jul 2025

Druk op Noordwes-munisipaliteit ná toekenning van onbediende grond | News Article
Daar is druk op Noordwes-munisipaliteit ná toekenning van onbediende grond. Foto: AfriForum

Verskeie sleutelgebeure sal na verwagting in die komende weke ontvou namate druk op ’n Noordwes munisipaliteit na die omstrede toekenning van onbediende grond.

Ngwathe-munisipaliteit word tot 15 Augustus gegun om belangrike beplannings- en infrastruktuurdokumente bekend te maak met betrekking tot die omstrede toekenning van ongedienste grond op Parys, sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikkoördineerder vir die Mooirivier.

AfriForum het ’n formele versoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) ingedien, waarin toegang tot soneringsplanne, infrastruktuur-uitrolskedules, omgewingsassesserings, openbaredeelnamerekords en waterintervensiestrategieë geëis word. “Indien die munisipaliteit nie teen die sperdatum voldoen nie, beplan AfriForum om die saak na provinsiale en nasionale toesighoudende liggame te eskaleer, insluitend die openbare beskermer en die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie.”

AfriForum het op 23 Julie ’n klagte by die munisipale bestuurder en burgemeester ingedien nadat dit aan die lig gekom het dat erwe in Tumahole Uitbreiding 7 en Schonkenville Uitbreiding 8 aan inwoners sonder basiese dienste uitgedeel word.

Volgens Pretorius is die grond buite aangewese ontwikkelingsones toegeken en sonder om behoorlike sonering, openbare deelname of omgewingsevaluering na te kom – wat die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur oortree. 

“Daar is geen funksionele rioolstelsels, geen skoon drinkwater, geen elektrisiteitsvoorsiening en geen stormwaterpaaie in hierdie gebiede nie. Die munisipaliteit ignoreer nasionale beplanningswette en grondwetlike regte.

LEES OOK: Vrystaatse inwoners sukkel weens munisipale finansiële krisisse

“Artikel 26 waarborg behuising in ’n veilige en ordentlike omgewing – hierdie huidige benadering ondermyn dit.”

Pretorius kritiseer die burgemeester se openbare opmerkings en stel voor dat inwoners eers huise moet bou voordat die munisipaliteit dienste sal lewer. “Dit is wetlik gebrekkig en sosiaal roekeloos.”

Die situasie kom teen die agtergrond van regstryde. Op 20 Junie het die hooggeregshof die ontbinding van Ngwathe se munisipale raad gelas weens sistemiese mislukking in dienslewering.

Vervalle infrastruktuur en finansiële wanbestuur

Schalk Burger, voorsitter van AfriForum se Parys-tak sê die uitspraak het ernstige verwaarlosing in dorpe soos Parys, Heilbron en Koppies aangehaal, met vervalle infrastruktuur, onbehandelde riool, watertekorte en finansiële wanbestuur. “Die hof het die provinsiale uitvoerende gesag gemagtig om ’n administrateur aan te stel en kwartaallikse vorderingsverslae onder eed in te dien.

“Die munisipaliteit het egter appèl aangeteken, wat op 12 Augustus virtueel aangehoor sal word. AfriForum het opponerende stukke ingedien en aangedui dat, indien die appèl slaag en die hof se bevel vertraag, hulle verdere regstappe sal oorweeg.”

Hy beklemtoon dat geen nuwe ontwikkelings moet voortgaan totdat waterwerke, rioolaanlegte en die elektrisiteitsnetwerk herstel en opgegradeer is nie. “Die huidige stelsels faal reeds en om hulle uit te brei sonder om eers die basiese beginsels reg te stel, is onverantwoordelik.”

LEES OOK: AfriForum nader Sanral ná munisipaliteit pad verniel voor NAMPO

Corné Cronje, AfriForum se bestuurder van gemeenskapsstrukture, voeg by dat die munisipaliteit se voortgesette minagting vir wetlike beplanningsverpligtinge is onaanvaarbaar. 

“Die hooggeregshof het reeds hul mislukking om te lewer bevestig. AfriForum sal aanhou druk vir verantwoordbare en wettige ontwikkeling tot voordeel van alle inwoners.”

OFM Nuus het die Ngwathe-munisipaliteit om kommentaar genader.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.