Central SA
Naakte man in Bloemfontein betrap met kopbeen, sê glo hy is ‘messias’─── CHARNÉ VAN DER MERWE 10:17 Sun, 21 Dec 2025
'n Vrystaatse man (29) sal na verwagting Maandag (22/12) in die hof verskyn nadat hy naby ’n besige winkelsentrum met ’n menslike skedel in sy besit gevind is.
Die polisie van die Thabure-satellietstasie is Saterdag (20/12) omstreeks 15:00 in kennis gestel van ’n man wat gesien is met ’n skedel in ’n stormwaterdreineringstonnel onder die Central Park-kompleks in die Parkway-gebied, sê provinsiale polisiewoordvoerder lt.kol. Thabo Covane.
'Die voorval is as uiters onstellend beskryf'
“Beamptes het hul na die toneel gehaas waar hulle ’n naakte man in die stroom gevind het met ’n skedel. Hy is onmiddellik in hegtenis geneem. Die voorval word as uiters ontstellend beskryf."
Volgens Covane het die polisie inligting opgevolg van ’n onbekende man wat na bewering ’n ander persoon in die stroom aangeval het. “Die polisie het met ’n soektog langs die waterweg begin en waartydens ’n groot rots met beenfragmente en ander menslike oorskot langs die N8 naby Nathanstraat in die Old East End-gebied gevind is”

Polisielede besig met hul ondersoek nadat ’n man met ’n skedel betrap is. Foto: SAPD
'n Die soektog het gelei tot die ontdekking van ’n onthoofde liggaam in die stroom, nie ver van waar die oorskot gevind is nie.
Covane sê die verdagte het tydens sy inhegtenisneming na bewering aan die polisie gesê hy het die slagoffer vermoor om te bewys hy is "die messias".
“Hierdie verklaring vorm deel van die ondersoek terwyl speurders werk om die omstandighede rondom die voorval te bepaal,” sê Covane.
'n Saak van moord, met ’n bykomende aanklag van lykskending is by die Heidedal-polisiestasie aanhangig gemaak.
Die verdagte sal in die Bloemfonteinse landdroshof sal verskyn.
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427
OFM Nuus/Charne van der Merwe

