On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Polisie keer Mercedes-bussie voor, vind honderde bondels khat

───   08:34 Mon, 29 Dec 2025

Polisie keer Mercedes-bussie voor, vind honderde bondels khat | News Article
Die polisie het op 348 bondels khat afgekom toe hulle ’n Mercedes-Benz-minibus voorgekeer het. Foto: SAPD

Die polisie het op 348 bondels khat afgekom toe hulle ’n Mercedes-Benz-minibus tydens ’n patrollie op die N1 in die Sentraal-Karoo voorgekeer het.

Sondag (28/12) omstreeks 10:30 het lede van die Leeu-Gamka-polisie ’n Mercedes-Benz-minibus voorgekeer terwyl hulle die N1 gepatrolleer het. Dit was deel van hul Veiliger Feesseisoen-operasie wat gemik is op die uitwissing van die toestroming van onwettige dwelms na die provinsie.

Tydens die deursoeking van die voertuig het hulle drie groot sakke opgemerk en op honderde bondels khat afgekom. Die polisie het op die vonds beslag gelê en ’n 42-jarige man in hegtenis geneem op ’n aanklag van dwelmhandel. 

Foto ter illustrasie: Facebook

Hy sal binnekort in die hof verskyn.

“Die strategiese ontplooiing van polisielede by toegang- en uitgangspunte van die provinsie sal gehandhaaf word om die invoer van onwettige dwelms, ongelisensieerde vuurwapens en gesteelde goedere gedurende die feestyd en daarna te beperk,” lui ’n verklaring van die polisie.

Khat is ’n plant waarvan die blare en stingels gekou word as ’n ontspanningsdwelm om die gemoed te lig. Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku dat khat ernstige newe-effekte kan hê, insluitend gemoedsveranderinge, hiperaktiwiteit, aggressie, angs, depressie, hoë bloeddruk, maniese gedrag, paranoia en psigose. 

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.