On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Laurika
Listen Live Streams

International

Helikopters bots bo New Jersey

───   11:34 Mon, 29 Dec 2025

Helikopters bots bo New Jersey | News Article
Twee helikopters het in die lug bo Hammonton, New Jersey, in die VSA gebots. Foto: AP News

’n Helikoptervlieënier is dood en ’n ander een kritiek beseer nadat hul helikopters Sondag (28/12) in die lug bo ’n stad in New Jersey, VSA gebots het.

Volgens die BBC het een van die helikopters, soos bevestig deur die Hammonton-polisiedepartement, met die impak aan die brand geslaan en was in vlamme gehul toe dit op die grond neergestort het. Nooddienste was blitsvinnig op die toneel om die brand te blus.

Volgens ’n verklaring deur die VSA se Federale Lugvaartadministrasie (FAA) was slegs die vlieëniers was aan boord van elke helikopter. Die FAA ondersoek tans die oorsaak van die botsing.

Foto: CNN

Hammonton-polisie sê die oorlewende vlieënier word in die hospitaal behandel vir “kritieke, lewensbedreigende beserings”.

Volgens die VSA se nasionale vervoerveiligheidsraad was die betrokke helikopters ’n Enstrom 280C en ’n Enstrom F-28A. Beide is liggewighelikopters wat gewoonlik drie mense of minder vervoer.

Sosialemediagebruikers is gewaarsku om nie KI-gegenereerde video’s van die ongeluk te deel nie.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus mvh



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.