On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Harrismith pastoriedogter ook in hof

───   LANI FOUCHÉ 15:42 Tue, 22 Jan 2013

Harrismith pastoriedogter ook in hof | News Article
Lani Fouché

Harrismith - Thea Brits, die dogter van die vermoorde dominee Willem Brits van Harrismith, word self deur die staat vervolg vir verskeie beweerde misdade.
 
Die nasionale vervolgingsgesag se Paladi Shuping het vandag aan OFM Nuus bevestig dat die 24-jarige Thea kort na haar pa en verloofde se dood op aanklagte van diefstal en die rig van 'n vuurwapen in die Harrismith Landdroshof verskyn het. Sy sal weer op 8 Februarie voorkom.

Shuping sê besonderhede rakende die aanklagte kan nog nie bekend gemaak word nie aangesien ondersoeke nog aan die gang is. 

'n Woordvoerder vir die Brits-familie, Bobby Scherrer, het bevestig dat sy reeds twee keer in die hof verskyn het, maar wou nie verder kommentaar lewer nie.

Thea se broer, Martin, en 'n mede-beskuldigde, Elliot Mhlambi, verskyn Vrydag weer in die hof. Hulle word daarvan verdink dat hulle verlede jaar vir dominee Willem en Thea se verloofde, Gerhardus Vermeulen, in die pastoriehuis vermoor het. Martin se ma, Dorothea, is ernstig beseer en sterk in die Life Pasteur-hospitaal in Bloemfontein aan.




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.