On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Aangeklaagdes in Harrismith-moordsaak vandag in die hof

───   08:52 Mon, 04 Mar 2013

Aangeklaagdes in Harrismith-moordsaak vandag in die hof | News Article
Lani Fouché

Harrismith - Die twee mans wat verdink word van die moord op 'n dominee van Harrismith en sy aanstaande skoonseun sal vandag in die dorp se landdroshof verskyn.

Martin Brits en Elliot Mhlambi het na bewering verlede jaar dominee Willem Brits en Gerhardus Vermeulen vermoor en Willem se vrou, Dorothea, ernstig beseer.

Martin is een van die Brits-egpaar se vier aangenome kinders. Die nasionale vervolgingsgesag sê 'n besluit sal waarskynlik vandag in die hof geneem word oor wanneer en in watter hof die twee verhoor sal word.

Martin het kort na die voorval 'n skuldbekentenis afgelê, en het aan sy familie en die gemeenskap om verskoning gevra.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.