On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Man verskyn môre na hy glo BFN-kinders probeer ontvoer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:09 Thu, 11 Jun 2015

Man verskyn môre na hy glo BFN-kinders probeer ontvoer | News Article

Bloemfontein - 'n Jong man wat gister in 'n hoëspoedjaagtog betrokke was nadat hy glo drie kinders, 'n seun en twee meisies by Glen buite Bloemfontein probeer ontvoer het, sal na verwagting môre in die plaaslike landdroshof verskyn.

OFM-nuus het gister berig dat die man deur verkeersbeamptes agternagesit is nadat hulle onraad vermoed het.
 
Volgens die woordvoerder van die departement van polisie, paaie en vervoer, Hillary Mophethe, is drie verkeersmotors in die jaagtog beskadig.
 
Die man het die kinders glo 'n saamrygeleentheid aangebied en nadat hulle dit van die hand gewys het, het hy hulle in sy motor probeer laai. Twee kinders het ontvlug.
 
Die man is na sy band pap geword het deur verkeersbeamptes in hegtenis geneem en die kind is na veiligheid gebring.
 
Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê hy is in die linkerbeen gewond.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Thandi Mbambo:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.