Local News
Krugersdrift en Soetdoring steeds toe vir publiek─── OWEN KOCK 08:50 Thu, 13 Aug 2015
Bloemfontein - Voornemende besoekers aan die Krugersdrift Dam en Soetdoring Natuurreservaat sal ‘n onbepaalde tyd moet wag voor dit weer heropen.
Dit sou aanvanklik aan die einde van Julie weer oopmaak, nadat dit in Februarie vanjaar gesluit is weens visvrektes en vandalisme van ondermeer die ablusieblok.
Volgens die woordvoerder van die Vrystaatse departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme, omgewingssake en kleinsake, Kgotso Tau, kan daar nie met sekerheid gesê word wanneer of Krugersdrift of Soetdoring weer vir die publiek sal oopmaak nie.
Die tenderproses vir opknappingswerk het in Junie geopen en die plan was dat alle opgradering en herstelwerk teen einde Julie afgehandel sou wees.
Owen Kock/OFM-nuus
