Local News
Vaalrivier-brand: Radovan Krejcir-huis oorleef brand─── 07:37 Tue, 22 Sep 2015

Parys - Die misdadiger Radovan Krejcir se huis is byna die enigste van 27 naweekhuise aan die oewer van die Vaalrivier wat nié Sondag in ’n brand verwoes is nie.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het in 2013 op die Tsjeg Krejcir se bates beslag gelê, waaronder dié huis.
Francois Stemmet, wat twee huise van Krejcir se huis woon, het gesê dit is ironies dat amper al die huise heeltemal verwoes is, maar Krejcir s’n nog staan.
Stemmet se huis is tot as verbrand. Die huis tussen sy huis en Krejcír s’n is deels afgebrand. Dit behoort aan Chris Nelson.
Nelson het aan OFM-nuus gesê die voorval is baie hartseer.
Die brand het omstreeks 10:30 ontstaan in ’n huis ’n paar kilometer van Stonehaven on Vaal aan die Vrystaat-kant van die Vaalrivier by Vanderbijlpark.
’n Gassilinder wat ontplof het, het glo tot die brand gelei. ’n Huiswerker is beseer in die huis waar die brand begin het.
'n Voorlopige ondersoek deur die Suid-Afrikaanse IntelligensiebBuro raam dat die skade nagenoeg R100 miljoen beloop.
Dane Beisheim/OFM-nuus
Chris Nelson: