Local News
NW-ontsnaptes: Tweede verdagte verskyn, twee steeds soek─── 07:25 Fri, 19 Feb 2016
File photo
Brits - 'n Tweede verhoorafwagtende man, een van vier wat twee weke gelede uit 'n polisievangwa in Brits, Noordwes, ontsnap het, is gister weer in hegtenis geneem.
Gontse Lubisi sal na verwagting vandag in die Brits Landdroshof verskyn op aanklagte van huisroof asook ontsnapping uit aanhouding. Hy is Woensdag in Mmakau in hegtenis geneem nadat die polisie 'n wenk van die publiek ontvang het.
Lubisi se arrestasie kom 'n paar dae nadat nóg 'n verdagte, Alfonso Mpofu, in Mooinooi naby Brits aangekeer is.
Lubisi en Mpofu het saam met Gibson Msimango en Chris Sithole in die ry op die N4-snelweg uit die vangwa gespring terwyl hulle van die Mogwase-tronk na die landdroshof op Brits vervoer is.
Die polisie is steeds op soek na Sithole en Msimango, wat as gevaarlik beskryf word.
Sithole staan tereg op vier aanklagte van verkragting, een van moord en een van roof, terwyl Msimango weens huisroof gearresteer is.
OFM-nuus
