On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Einde van Gariep-kunstefees aangekondig

───   MARK STEENBOK 15:08 Tue, 23 Jan 2018

Einde van Gariep-kunstefees aangekondig | News Article

Die einde van ‘n era het in Kimberley aangebreek nadat die direksie van die Gariep-kunstefees aangekondig het dat die jaarlikse skouspel voortaan nie weer aangebied gaan word nie.


Die uitvoerende bestuurder, Bernice Versluis, het aan OFM-nuus gesê dat verlede jaar se kunstefees die laaste een was. Sy sê die besluit om voortaan nie weer die fees aan te bied nie, was ‘n moeilike maar nodige een in die huidige ekonomiese klimaat.

“Soos die land se ekonomie verswak het, en befondsing al hoe moeliker geraak het om te vind, het die uitdagings om ‘n hoë standaard te handhaaf al moeiliker geword en baie streng fiskale beheer was noodsaaklik. Met die onsekerheid oor befondsing en die ongunstige omgewing is besluit om dan eerder nie voort te fees nie,” sê Versluis.

Sy sê verder dat dit moeilik is om deesdae op plaaslike en nasionale vlak befondsing vir feeste te kry.

“Al is dit ‘n kunstefees, is dit ook nog steeds ‘n besigheid. Jy sal graag op ‘n ondersteuningsnetwerk wil staatmaak, maar soms is dit net nie vir mense moontlik nie.

Jy wil afsluit op ‘n punt waar jy kan terugkyk oor agttien jaar en trots wees. Jy wil regtigwaar wegstap met vrede, waardigheid en die waarheid in jou hart dat jy in ‘n stigtersdoel geslaag het, en daarom met dankbaarheid kan sê hierdie is gedoen en goed gedoen,” sê Versluis.

Die Gariep-kunstefees, ‘n inisiatief deur Theuns Zimmermann, Marius Nagel and Corné Thompson, is vir die eerste keer in 2000 aangebied en het jaarliks duisende besoekers van regoor die land heen verwelkom, terwyl ongeveer 600 tydelike werksgeleenthede jaarliks geskep is.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.