National
Minister ontvang griefskrif oor skrapping van Kersdag en Paasfees─── 16:55 Sat, 10 Nov 2012
Johannesburg - 'n Groep betogers wat deur die Afrika Christen Demokratiese party gelei is, het vandag 'n griefskrif aan die minister van binnelandse sake, Naledi Pandor, oorhandig in 'n protesaksie teen 'n voorstel om Goeie Vrydag en Kersdag as openbare vakansiedae te skrap.
Die groep van sowat 100 betogers wat tot by Constitution Hill in Johannesburg gestap het, poog om dié wysiging wat deur die kommissie vir die beskerming en bevordering van kulturele, religieuse en linguistiese gemeenskappe voorgestel is, te keer.
Dié kommissie sê die viering van die twee Christen-vakansiedae is diskriminerend teenoor ander gelowe.
Die ACDP se Kenneth Meshoe sê egter dit is nie diskriminerend nie, omdat byna 80% van Suid-Afrikaners Christene is.
Pandor sê sy sal die griefskrif in oorweging bring wanneer 'n besluit geneem moet word.
Sapa

Naledi Pandor: