National
Santaco soek oplossing vir taxi-geweld─── 15:33 Tue, 07 Nov 2017
Leiers van die Nasionale Taxi-vereniging Santaco, sal môre ontmoet om die toename in taxi-geweld in KwaZulu-Natal te bespreek.
Dié vergadering kom nadat 'n tweede taxi-baas Sondagaand binne 'n bestek van 'n week in die provinsie doodgeskiet is.
Sibusiso Nkomonde was die voorsitter van die Sizwe Taxi-vereniging in die Amajuba-streek en is ná Sondag se aanval dood.
Muzi Ngobese, adjunkvoorsitter van die Kliprivier Taxi-vereniging is verlede week in 'n lokval buite Ladysmith dood toe 'n groep mans op sy motor geskiet het. Hy is saam met sy tienerdogter en drie ander insittendes in sy voertuig dood terwyl ses onderwysers ook dood is weens sy motor wat teen hulle s'n gebots het.
Santaco-woordvoerder, Sfiso Ntshangase, sê dinge in die provinsie is tans baie plofbaar.
ECR Newswatch
