On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: AfriForum nader regspan oor polisielede glo betrokke by plaasaanval

───   11:30 Fri, 07 Feb 2020

Landbounuus-podcast: AfriForum nader regspan oor polisielede glo betrokke by plaasaanval | News Article

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê dit het met kommer kennis geneem van die arrestasie van drie polisielede van die Ficksburg-polisiestasie met betrekking tot ’n plaasaanval wat op 13 Januarie 2020 naby Rosendal plaasgevind het.


Die drie polisielede het op 3 Februarie in die Ficksburg-landdroshof verskyn. Luidens 'n verklaring konsulteer AfriForum tans met sy regspan om alle regsopsies te oorweeg, insluitend ’n waaksaamheidsopdrag, om te verseker dat geregtigheid geskied. “Die Vrystaatse boerderygemeenskap word reeds aanhoudend deur misdadigers bedreig; die laaste ding wat die gemeenskap nóú nodig het, is verdere verwoesting van die swak verhouding wat hulle reeds met die SAPD het,” sê Joseph Renaud, veiligheidshoof vir die sentraalstreek by AfriForum. AfriForum sal binnekort verdere stappe aankondig met betrekking tot die drie polisielede en sal die nodige stappe doen om te verseker dat kriminele aktiwiteite binne die SAPD die hoof gebied word.
 

EN


Saai – ’n organisasie wat die belange van familieboere beskerm – het namens een van hul lede klagtes by die Brooklyn-polisiestasie ingedien nadat die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) R586,5 miljoen betaal het vir ’n 60%-aandeel in ’n stuk landbougrond van 1 028 ha. Die lid van Saai, Jaco Engelbrecht, is ’n deeltydse boer en onderwyser van Koffiefontein wat maandeliks tot die pensioenfonds vir staatsamptenare bydra. Saai het ook die saaknommer aan die Valke se eenheid vir ernstige misdaad deurgegee. Dié transaksie het onder Saai se aandag gekom nadat ’n advertensie in Landbouweekblad se uitgawe van 31 Januarie 2020 gepubliseer is. Volgens die titelakte is 60% van albei plase op 27 Junie 2019 as landbougrond aan die GEPF verkoop teen ongeveer R586,5 miljoen.  “Daar is ’n 2 198%-prysverskil tussen die waardasiepryse en die prys waarteen die pensioenfonds dié grond vir staatsamptenare aangekoop het. Dit is leë landbougrond wat gekoop is met die oog op verdere ontwikkeling. Die GEPF is ’n entiteit wat regeringsamptenare se pensioenfondse eerlik en verantwoordelik moet bestuur. Om so ’n reuse-eskalasie vir die transaksie te betaal, kan vir seker nie as eerlik óf verantwoordelik beskou word nie,” meen Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai.




OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.