On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Veediefstal bespreek tydens Imbizo

───   ELSABÉ RICHARD 14:19 Fri, 13 Nov 2020

Landbounuus-podcast: Veediefstal bespreek tydens Imbizo | News Article

Mannekrag, voertuie en die sigbaarheid van polisiebeamptes in die landelike gebiede sal help om plaasmoorde en veediefstal te bekamp.


Dit is volgens dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou (VL), wat Donderdag tydens 'n ministeriële landelike veiligheid Imbizo in Bethlehem gepraat het. Buys meen die polisie moet fokus op hoe hulle hul vermoë - wat hulpbronne betref - op die platteland kan aanvul. Verder het sy gesê dat daar geen opmerking gemaak is van plaasbesoeke nie, wat volgens haar een van die belangrikste aspekte is wat in die landelike veiligheidstrategie uitgelig moet word. Buys se opmerking kom nadat provinsiale polisiekommissaris, Baile Motswenyane, terugvoering gegee het oor die vordering wat gemaak is nadat boereverenigings op 13 Oktober 2020 hul bekommernisse met die polisieminister, Bheki Cele, gedeel het. Buys sê die landelike veiligheidstrategie moet weer geïmplementeer word om die veiligheidskwessies wat boere in die gesig staar, dringend aan te spreek.


'n Trop gesteelde skape is by die Boesmanskop-plaas buite Thaba Nchu in die Vrystaat teruggevind. Dit kom nadat Schalk Steyn, 'n boer van Robertsrus-plaas naby Dewetsdorp, polisie Donderdag in kennis gestel het dat 54 van sy skape gesteel is. Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê terwyl hulle ondersoek gedoen het, het Steyn laat weet dat die verdagtes besig is om op hom en die gemeenskap, wat hom probeer bystaan, te skiet. Die polisie het opgedaag en 'n skietery het tussen die polisie en die verdagtes ontstaan. Makhele sê twee vuurwapens en ammunisie is op die toneel gevind, waaronder 53 skape wat op die plaas Boesmanskop naby Thaba Nchu gevind is. Al die verdagtes is oorspronklik van Lesotho, maar bly in Sone 5 in Thaba Nchu.


EN


Die herinstelling van normale handelsure vir wynverkope sal die wynbedryf help op sy herstelpad. Landbouweekblad berig Rico Basson, besturende direkteur van Vinpro, het president Cyril Ramaphosa se aankondiging op Woensdag 11 November verwelkom dat alkohol weer volgens normale lisensie-ure verkoop en versprei mag word. Suid-Afrika stel ook sy grense vir internasionale toeriste oop, wat wyntoerisme ’n hupstoot kan gee. Onder vlak 1 van die inperkingsregulasies was drankhandelaars, wat wynplase insluit, slegs toegelaat om drank van Maandae tot Vrydae tussen 09:00 en 17:00 te verkoop. Dit het gegeld vir drank wat elders as op die perseel gebruik gaan word. Restaurante en ander instellings, waar alkohol op die perseel verbruik word, word steeds beperk deur die algemene aandklokreël wat van middernag tot 04:00 geld.
           




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.