On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

#Floods: Paaie in VS onder die loep

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 16 Feb 2022

#Floods: Paaie in VS onder die loep | News Article
Foto: Vrystaat Landbou (Facebook)

Die toestand van paaie in die Vrystaat het, veral met die voortdurende reën, weer onder die loep in landbougemeenskappe gekom.

Dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), is bekommerd dat die toestand van paaie nie net ‘n negatiewe impak op die vervoer van goedere van die plaas na die mark het nie, maar dat dit ook ‘n demper op die provinsie se toerismebedryf plaas. 

Sien onderstaande PODCAST

Armour sê VL is besig om na moontlikhede te kyk om die geld, wat deur die boer of inwoner bestee word om paaie te herstel, belasting-aftrekbaar te maak.

LEES: Ficksburg-gemeenskap tevrede met uitkoms van betoging oor paaie 

Hy sê die pad wat veral ‘n groot bron van kommer is, is die pad tussen Ficksburg en Fouriesburg. 

Inwoners van Ficksburg het in Maart verlede jaar hulle ontevredenheid uitgespreek met die toestand van die R26-pad, wat strek van Ladybrand na onder meer Bethlehem, sowel as ander paaie wat grondpaaie insluit. Daar was ‘n betoging waarby inwoners, plaaslike besighede en taxibestuurders betrokke was.

Van die groot landboubesighede weier ook om van swak paaie gebruik te maak, wat die boer dwing om self goedere en produkte na sy plaas te vervoer. 

Armour sê die toestand van paaie in die provinsie het ook tot gevolg gehad dat melkboere hulle besighede moes sluit omdat die suiwelmaatskappye weier om hulle vragmotors op daardie paaie te stuur.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.