On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 28 Mar 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Amerika verwag hoër sojaboonaanplantings hierdie seisoen en laer mielie-aanplantings. FOTO: Photoxpress.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het weer eens rigting verander met pryse wat met 1% gedaal het. Pryse het geval ná ‘n rondte tegniese verkope wat aangespoor is deur die vrystelling van die USDA se weeklikse uitvoer wat laer as verwagte syfers getoon het.

Oorspoel-swakheid het verder druk op pryse geplaas. Amerika verwag hoër sojaboonaanplantings hierdie seisoen asook laer mielie-aanplantings. Die Argentynse oesverwagting is verder verlaag.  

Plaaslik: Die plaaslike mieliemarkpryse het aan die negatiewe kant verhandel met al die wit- en geelmielies se gelyste kontrakte wat in die rooi verhandel het. Witmieliepryse het tot en met 2,24% gedaal en geel mielies 2,22%. Die verskil tussen wit- en geelmielies staan tans op R175.

Die witmieliekontrak het vir April R86/ton swakker verhandel vir die dag om teen R4 030/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R91/ton swakker verhandel teen R4 059/ton.

Die geelmieliekontrak vir April 2022 het R86/ton swakker verhandel teen R4 205/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie R94/ton swakker verhandel om teen R4 240/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het in die voetspore van die mieliemark gevolg met ‘n 1%-verlies ná ‘n rondte tegniese verkope.

Amerikaanse sojaboonuitvoer is 38% laer as die vorige 4-week gemiddeld wat druk op pryse geplaas het.

China is steeds die grootste koper in die mark. Sojaboonoes-verwagtinge is nie onlangs verlaag nie en die oesseisoen duur voort.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het sy swak vertoning voortgesit. Pryse het op gemiddeld 1,4% gedaal vir die sessie. Al die gelyste kontrakte het in die rooi verhandel.

Die sojaboon April ’22-kontrak het R130/ton swakker verhandel teen R8 815/ton. Die sojaboon Mei ’22-kontrak het R128/ton swakker verhandel teen R8 849/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het teen R8 950/ton, R125/ton swakker, verhandel.


Koring:

In die Amerikaanse koringmark het mielies en sojabone laer gevolg met pryse wat tussen 0,5 en 1,75% gedaal het.

Pryse het geval soos handelaars steeds probeer om koring te prys te midde van die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne, twee lande wat amper ‘n derde van die wêreld se koring uitvoer.  

Koringuitvoer was 5% laer as die vorige 4-week gemiddeld met die oorspoel-effek van ander kommoditeite wat verder druk op pryse geplaas het.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het baie min wisselvalligheid getoon. Pryse het maar gemeng gesluit met marginale winste en verliese.

Die koring April '22-kontrak het teen R6 839/ton verhandel, R25/ton hoër. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 897/ton verhandel, R17/ton laer.

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.