On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 06 Apr 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
‘n Onbeplande transaksie met China het die mielieprys verder ondersteun. FOTO: Photoxpress.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark se sentiment het effens verander in die vorige verhandelingsessie soos fokus terugskuif na lae internasionale voorraad. Die oorlog in die Oekraïne lei ook daartoe dat moeilike vrae gevra word oor voorraad.

‘n Onbeplande transaksie met China het die prys verder ondersteun. Mieliepryse het met 2% toegeneem. Energiepryse in Amerika het weer eens toegeneem wat oorspoel-ondersteuning aan mielies gebied het.    

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het goed presteer met al die gelyste kontrakte wat in die groen verhandel het, ten spyte van ‘n effense sterker wisselkoers.  Witmieliepryse het tot en met 2,3% gestyg en geelmielies 2% ná aanleiding van ‘n sterk Amerikaanse mark. Die verskil tussen wit- en geelmielies staan tans op R140. Dit blyk of die wit- en geelmielies al meer na mekaar beweeg soos ons die nuwe seisoen nader.

Die witmieliekontrak het vir April R91/ton sterker verhandel vir die dag om teen R4 060/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R96/ton sterker verhandel teen R4 100/ton.

Die geelmieliekontrak vir April 2022 het R84/ton sterker verhandel teen R4 200/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie R87/ton sterker verhandel om teen R4 255/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Maandagaand ‘n ander rigting ingeslaan met ‘n 1,25%-styging in pryse.

Wydverspreide uitvoeroptimisme weens die swak oes in Suid-Amerika en oorspoel vanaf energie, mielies en koring, was die grootste prys-ondersteuners.

China was weer eens die grootste sojaboon-aankoper. China het wel aangekondig dat hy van sy sojaboonvoorraad gaan vrystel.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ‘n beter verhandelingsessie ervaar as Maandag met pryse wat tot en met 1% gestyg het. Sojaboonpryse is effens onder druk weens die stroopseisoen wat reeds begin het.

Die sojaboon April ’22-kontrak het 67/ton sterker verhandel teen R8 410/ton. Die sojaboon Mei ’22-kontrak het R87/ton sterker verhandel teen R8 422/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het teen R8 522/ton, R77/ton sterker, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het sy afwaartse tendens verbreek met pryse wat in die vorige sessie tot en met 2,8% gestyg het weens uitvoervrese vanaf die Swartsee-area.

Die pryse het gestyg ná ‘n rondte tegniese aankope. Die prys is verder ondersteun deur die oorspoel-effek vanaf mielies en energiepryse.

Al is daar menigte sanksies teen Rusland ingestel, is Rusland se huidige koringuitvoer amper dubbel die getal teenoor die vorige seisoen. Indië het ‘n rekord getal koringuitvoer weens lande wat alternatiewe soek vir die Swartsee-situasie.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het goed presteer met die prys wat met gemiddeld 1,5% verhoog het.

Die koring April '22-kontrak het teen R6 770/ton verhandel, R75/ton hoër. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 770/ton verhandel, R100/ton hoër.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.