Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 04 May 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mark het gesukkel om enige positiewe momentum aan die gang te kry in ‘n swak sessie. Pryse het met 1% gedaal weens ‘n rondte tegniese aankope in ‘n wisselvallige sessie. Mielie-uitvoere het effens verhoog in vergelyking met die vorige week met China as die grootste invoerder.
Mielie aanplantings is 14% voltooi vanaf 7% die vorige week. Mielie aanplantings geskied teen ‘n baie stadige pas in vergelyking met die historiese data. Die vorige seisoen was aanplantings op 41% voltooi en die vorige vyf-jaar gemiddeld was 33% voltooi.
Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het maar gemeng gesluit in die vorige verhandelingsessie. Witmielies het effens beter presteer maar geelmieliepryse was onder druk. Winste en verliese was maar marginaal. Die verskil tussen wit en geel is tans R127. Mieliepryse is tans 32% hoër as April 2021. Vanaf April 2021 tot Mei 2021 het pryse met 4% gestyg.
Die witmieliekontrak het vir Mei R12/ton sterker verhandel vir die dag om teen R4 585/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R9/ton sterker verhandel teen R4 601/ton.
Die geelmieliekontrak vir Mei 2022 het R6/ton hoër verhandel teen R4 706/ton. Die geelmieliekontrak vir lewering in Julie het teen R4 733/ton verhandel.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het ‘n swak sessie ervaar met pryse wat op gemiddeld met 2,25% gedaal het ná ‘n rondte tegniese verkope wat aangespoor is deur goeie weervoorspellings en mielie hektare wat aan sojabone afgestaan is. Amerikaanse sojaboonuitvoere is effens laer as die vorige week met China as die voorste invoerder.
Sojaboonaanplantings staan tans op 8%, op vanaf die vorige week se 3%. Die pas is laer as die vorige seisoen se 22%, maar nie soveel laer as die afgelope vyf-jaar se gemiddeld van 13% nie.
Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het baie swak presteer in Dinsdag se verhandelingsessie. Pryse het teen limiete af verhandel met die spot maand wat 4,3% verloor het weens ‘n swak Amerikaanse mark. Plaaslike sojaboonpryse vir April 2022 is 19% hoër as April 2021. Sojaboonpryse is 3% hoër in vergelyking met die vorige week.
Die sojaboon Mei ’22-kontrak het R399/ton laer verhandel teen R9 940/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het R220/ton laer verhandel teen R9 630/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het teen R9 700/ton, R220/ton laer, verhandel.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gemeng gesluit maar pryse was maar onder druk. Winter-koringkontrakte het laer verhandel omdat kenners verwag het dat die USDA hul kwaliteit gradering na 28% sou lig. Die gradering het wel op 27% gebly. Die laaste keer wat hierdie gradering so swak was, was in 1989.
Koringuitvoere is effens hoër as die vorige week met Mexiko as die grootste invoerder. Lente koringaanplantings staan tans op 19%. Dit is hoër as die vorige week se 13%. In die vorige seisoen was die aanplantings teen hierdie tyd op 46%, en die vyf-jaar gemiddeld op 28%.
Plaaslik: Die plaaslike koringpryse was onder druk in die vorige sessie. Pryse het tussen 0,7% en 1% gedaal.
Die koring Mei '22-kontrak het teen R7 440/ton verhandel, R55/ton swakker. Die koring Julie ’22-kontrak het teen R7 430/ton verhandel, R65/ton swakker.
