On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Dele van Noordwes teken tot 1 200 mm reën aan

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 03 May 2022

Dele van Noordwes teken tot 1 200 mm reën aan | News Article
FOTO: Bloomberg.

Noordwes is een van die provinsies wat vloedskade weens voortdurende swaar reën aangeteken het.

Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê sommige dele het tot 1 200mm reën aangeteken. 

Sien onderstaande PODCAST

Mareestane is een van die gebiede wat geweldig baie reën ontvang het en versuipskade aangemeld het.  

Die gemiddelde reënvalsyfers vir die provinsie is 800mm.

Ten spyte van die baie reën sê Du Toit dat gewasse oor die algemeen baie goed lyk, met plekke waar daar versuipskade was.

Die stroopproses word ook deur oornat landerye belemmer omdat die trekkers en stropers baie maklik vassit. Dít kan ook die tempo waarteen die oes ingebring word, beïnvloed, deel Du Toit.

Also read: North West residents hit by yet another flood disaster

Boere herstel self paaie

Die voortdurende reën het die toestand van paaie verder verswak, wat die daaglikse bedrywighede van boere, sowel as die breër publiek belemmer. Du Toit deel dat die enigste paaie in die provinsie wat in ‘n goeie toestand is, die SANRAL-paaie is wat die provinsie verbind met ander provinsies en buurlande.

Die Noordwes het sowat 15 000km se grondpaaie, wat volgens Du Toit baie sleg is. “Ons grondpaaie is ongelooflik sleg, so sleg dat kontrakteurs nie meer daar wil ry nie. Daar is ‘n probleem met die inbring van oeste na die silo’s toe.

“In vennootskap-verhouding is ons nou besig om te kyk na die self regmaak van paaie en vrywaring daarteen. Dis uit nood gebore – dis nie iets wat ons graag wil doen nie, want ons voel ons is belastingbetalers en die owerhede moet dit doen. Maar dit kan net nie meer so aangaan nie.

"Daar is reeds mense wat hul eie paaie regmaak, want jy kan net eenvoudig net nie daar ry nie.”

Lees ook: #KZNfloods: Impak-assesserings aan die gang

Aktiewe brandseisoen op hande

Die baie reën het tot gevolg gehad dat daar groot volumes brandbare materiaal beskikbaar is, wat kan lei tot nóg ‘n aktiewe brandseisoen.

Du Toit sê die potentiaal vir brande is hoog in Augustus en September. Hy sê dit is belangrik dat produsente hiervan moet kennis neem en nóú die nodige voorbereidende maatreëls tref.

Die organisasie werk nou saam met die Noordwes Sambreel-brandbeskermingsvereniging, “en hoop van harte dat dit nie vanjaar in ‘n ramptoestand gaan ontaard nie”.

Die Noordwes het verlede jaar vanaf 1 Mei en 23 September tussen R2,75 en R3,5 miljard se skade weens brande gerapporteer. Dit, terwyl daar meer as ‘n miljoen hektaar in totaal in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap aangemeld is.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.