On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

30ste wolveiling van die seisoen het vandeesweek plaasgevind

───   05:00 Fri, 06 May 2022

30ste wolveiling van die seisoen het vandeesweek plaasgevind | News Article

Die Cape Wools Merino-aanwyser het vandeesweek vir nie-RWS wol met 0,9% gestyg, terwyl dit ook met 0,9% vir RWS wol gestyg het, teenoor die vorige veiling.

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê dit het teen 'n skoonprys van R160,80/kg en R174.68/kg, onderskeidelik gesluit.

Die Rand het 0,6% swakker verhandel teen die VSA Dollar en 0,8% sterker teenoor die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling.

Daar is in totaal 9 341 bale aangebied, waarvan 78.2% verkoop is.

In totaal was daar 9 341 bale aangebied, waarvan 78,2% verkoop is.

“Op die OVK-veiling is 2 581 bale aangebied, waarvan 80,9% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling - van R210/kg - is behaal vir ‘n 2 baal lot CL van 15,9 mikron, uit die skeersel van die Glenelg Trust vanuit die Steynsburg-distrik.

“Die koper was Standard Wool SA,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 11 Mei 2022 geskeduleer, wat ook die laaste veiling van die seisoen gaan wees.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.