On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Boere regoor die Vrystaat spreek hulle uit oor die frustrerende toestand van paaie

───   16:30 Thu, 12 May 2022

Boere regoor die Vrystaat spreek hulle uit oor die frustrerende toestand van paaie | News Article

Meer boere regoor die Vrystaat het klagtes ingedien oor hul frustrasie met die beskadigde paaie, wat hul vermoë om te boer en die paaie te gebruik, belemmer. OFM-nuus se Lee Simmons gesels met die boer, Jan Briel, in die Reitz-omgewing oor dit.

“As die paaie departement dit nie doen nie, doen ons dit self,” sê Jan Briel , n boer van die Reitz-Oos omgewing.

Briel sê dat dié pad in so slegte toestand is dat selfs ’n vierwielaangedrewe voertuig sukkel om daar te ry.  Hy sê, “Die probleem is dat die ondergrondse wegvoerpype so verstop is weens nalatigheid van die departement van paaie, dat water oor die pad stoot en dit onbegaanbaar maak.”

 "Ons is die S14 en met die baie reën en so verspoel hy die heeltyd en die groot probleem is die pype wat onder deur die pad loop is verstop. So die water kan glad nie weg loop nie, dit loop bo-oor die pad en nou met die soyas wat gestroop word en die mielies wat ook nou eersdaags begin en ook al begin het, dan trap die lorries dit nou deur, jy weet. So ons kan glad nie paaie gebruik van tyd tot tyd as dit baie gereën het nie, so ons herstel die pad en ons maak maar net kolle reg sodat ons darem weer kan deur ry om in die dorp te kom en dan die graan na die silos toe kan vat van die plase af," sê Briel.

Ek dink die paaie moet eers reg gemaak word voordat die boere dan kan stroop en hulle graan by die silos uit bring, voeg hy by.

"Die beste uitkoms sal seker wees daai pad moet gegrys word, hy kort grys. Hulle het hom van tyd tot tyd geskraap alhoewel word hy nou bitter min geskraap. Boere skraap dit maar self, maar die groot rede is die pad kort grys. Hy moet ge-hergrys word en dan moet nuwe pype onder deur die pad gesit word dat die water kan af val van die pad dat die water nie bo-oor die pad loop nie," verduidelik Briel.

Hy sluit af deur te sê , "ons sal dankbaar wees as die paaie departement ons kan help en die pad kan reg maak, definitief. Ag en ons is dankbaar vir al die boere wat altyd bereid is om te help, definitief ja. Hulle is meer as gewillig om te help, maar natuurlik kos dit hulle almal geld."


 

OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.