On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 08 Jun 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Photoxpress.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het die afgelope vyf dae se droewige tendens verbreek en het in die groen verhandel tydens die vorige sessie. Pryse het ondersteuning gevind in oorspoel sterkte vanaf koring wat gelei het na ‘n rondte tegniese aankope, pryse is verder ondersteun deur positiewe uitvoer data wat deur die USDA uitgereik is.

Amerikaanse mielie-aanplantings het 94% bereik teen Sondag, ‘n stewige verbetering vanaf die vorige week se 86%. Na die stadige begin en vordering van die aanplantingseisoen het produseerders uiteindelik die vyf-jaar gemiddeld van 92% verby gesteek. Vordering is wel steeds stadiger as die vorige seisoen se 98%.

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het swak presteer as die sterk Amerikaanse mark in ag geneem word. Witmieliepryse het tussen 0,7% en 1,6% gedaal en geelmielies tussen 0,6% en 1,3%. Die versterkende Rand het pryse onder druk geplaas.

Die witmieliekontrak het vir Junie R56/ton swakker verhandel vir die dag om teen R4 355/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R30/ton swakker verhandel teen R4 364/ton.

Die geelmieliekontrak vir Junie 2022 het R48/ton laer verhandel teen R4 405/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie het teen R4 440/ton verhandel.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het effens hoër verhandel in die vorige sessie, maar het die swakste tussen die drie kommoditeite presteer. Pryse het met 0,25% gestyg weens oorspoel vanaf mielies en koring wat gelei het na ‘n rondte tegniese aankope. Sojaboonuitvoere was laer as die vorige week met Mexiko as die grootste invoerder.

Sojaboonaanplantings het met 12% gespring tot 78% op Sondag vanaf 66% die vorige week. Vordering is steeds stadig in vergelyking met die vorige jaar se pas van 89%, maar naby aan die afgelope vyf-jaar se gemiddeld van 79%.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het beter presteer as die mieliemark, maar pryse was steeds aan die negatiewe kant. Die Mei ’23 kontrak het goed presteer met ‘n styging van R146/ton.

Die sojaboon Junie ’22-kontrak het R1/ton sterker verhandel teen R9 060/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het R16/ton swakker verhandel teen R9 120/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het teen R9 239/ton, R12/ton swakker, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmarkpryse het stewig gespring in die vorige verhandelingsessie na ‘n rondte tegniese aankope, aangespoor deur vrese oor hoe lank die Oekraïne se hawens gesluit sal bly. Verslae dui aan dat die Oekraïne met 75 miljoen ton se graan voorraad kan sit aan die einde van die stroopseisoen.

Rusland toon dat sy weeklikse koring uitvoere met 41% gedaal het, maar vlakke is steeds omtrent driemaal hoër in vergelyking met die vorige jaar. Lente koringaanplantings het verbeter na 82% Sondag vanaf 73% die vorige week. Dit is ver onder die vorige seisoen se pas van 99% voltooi en die afgelope vyf-jaar gemiddeld van 97% voltooi.

Plaaslik: Koringpryse het min wisselvalligheid getoon in die vorige verhandelingsessie. Pryse was aan die positiewe kant maar winste was marginaal.

Die koring Junie '22-kontrak het teen R8 185/ton verhandel, R66/ton sterker. Die koring Julie ’22-kontrak het teen R8 120/ton verhandel, R27/ton sterker.

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.