Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 30 Jun 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Woensdagoggend met 1,42% gestyg.
Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Woensdag effens afwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R34/ton (- 0,77%) gedaal om teen R4 358/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R67/ton (- 1,52%) laer verhandel om teen R4 339/ton te sluit.
Plaaslike mielieprodusente se lewerings vir die week, geëindig 25 Junie, het altesaam 874 006 ton beloop, waarvan witmielies 369 421 ton en geelmielies 504 585 ton uitgemaak het. Jaar-tot-datum is kumulatiewe aflewerings agter verlede jaar se pas sowel as die vyf-jaar gemiddelde. Die witmielie-lewerings is 72% WM1; 23% WM2; 5% WM3. Dit is in vergelyking met die vorige seisoen se 96% WM1; 3% WM2 en 0,3% WM3. Die geelmielieprodusente-lewerings is 93% YM1; 7% YM2 en 0,3% YM3. Dit is net effens agter die vorige seisoen se graderings.
Sojaboon:
Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Woensdagoggend met 0,7% gestyg.
Die binnelandse sojaboonkontrakte het Woensdagoggend met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2022 met R40/ton (- 0,46%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R8 575/ton.
Plaaslike sojaboonprodusente-lewerings vir die week geëindig 25 Junie het altesaam 20 963 ton beloop. Die kumulatiewe totaal vir die 2022/23-bemarkingsjaar staan op 1 974 249 ton. In vergelyking met die geskatte oes vir hierdie seisoen, is 94% van die plaaslike sojaboon-oes reeds gelewer. Aflewerings is ver bo die vorige seisoene se pas, sowel as die 5-jaar gemiddelde.
Koring:
Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Woensdagoggend 0,61% laer verhandel.
Argentinië, wat een van die top 10 wêreldwye koringuitvoerders is, het koringuitvoer gestaak weens 'n staking deur selfverteenwoordigde vervoer.
Die binnelandse koringkontrakte het Woensdag met effensse opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2022 met R16/ton (+ 0,21%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 564/ton. Die Desember 2022-koringkontrak het met R46/ton (+ 0,66%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 046/ton.
Plaaslike koringprodusente-lewerings vir die week, geëindig 25 Junie, het altesaam 1 322 ton beloop. Die kumulatiewe totaal vir die 2021/22-bemarkingsjaar staan op 2 223 367 ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
