Agriculture
Kommer oor nóg ‘n moontlike groot sprinkaanuitbraak─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 02 Nov 2022
Agri SA sê hy is uiters bekommerd dat die 2022/23-somerseisoen tot nóg 'n groot sprinkaan-uitbreking sal lei as daar nie nou proaktiewe maatreëls getref word nie.
Andrea Campher, Agri SA se risiko- en rampbestuurder, sê in die 2021/22-boekjaar is meer as 23 miljoen hektaar grond deur sprinkaan-uitbrekings geraak – wat die ergste in 25 jaar is.
Sien onderstaande PODCAST
Met die bo-normale reën wat volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens hierdie somer verwag word, is daar verwagtinge dat die land in die 2022/23-somerseisoen verwoestende swerms sal ervaar, sê Campher.
ALSO READ: Agriculture department ups its game to get rid of locusts
Uitbrekings is tans reeds in volle gang in dele van die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.
Campher voeg by dat soveel as 90% van die 23 miljoen hektaar van die geïnfiltreerde grond gedurende die 2021/22-boekjaar, was landbougrond, en waarsku dat tensy daar nie dringend opgetree word nie, kan 2023 selfs groter verliese meebring.
LEES OOK: Meer as R80 miljoen aan sprinkaanbeheerprogram bestee
“Ten spyte van die omvang van die bedreiging wat die sektor in die gesig staar, het tydige hernuwing van kontrakte van sprinkaanbeamptes in die geaffekteerde provinsies nie plaasgevind nie, wat 'n risiko vir sprinkaanbeheerbedrywighede inhou.
“[Nóg ‘n] risiko lê by besproeiingsgebiede en indien sprinkane dáár infiltreer kan ons grootskaalse verliese ervaar,” verduidelik Campher.
Die Departement van Landbou is verantwoordelik vir die beheer van sprinkane in terme van die Wet op Landbouplae, en Agri SA het onderneem om 'n dringende vergadering met Minister Thoko Didiza en Direkteur-Generaal Mooketsa Ramasodi se kantoor te bewerkstellig om die departement se reaksie op hierdie dreigende ramp te bespreek.
Campher sê van die kwessies onder bespreking is:
- Die dringende uitreiking van sprinkaanbeamptes se kontrakte wat nie gefinaliseer is nie:
- Die beveiliging van plaagdodervoorrade en spuittoerusting:
- Die verspreiding van beskermende toerusting vir beamptes:
- Die opleiding van nuwe beamptes:
- Die kapasiteit van die Departement om betalingseise te finaliseer: en
- Om 'n oop kommunikasielyn met die departement te hervat om werkbare oplossings te implementeer.
Uitdagings
“ 'n Aantal uitdagings is in 2021 en 2022 teëgekom, en dit moes ook voor die tyd vir 2023 aangespreek word. Voorheen is baie van hierdie kwessies slegs met die hulp van privatesektorfinansiering aangespreek om die impak van tekortkominge in die openbare sektor te versag.
“Op 'n positiewe noot het [die departement] die brandstoftariewe sedert 2013 vir hierdie komende sprinkaanseisoen hersien, wat volhoubare beheerbedrywighede vir beamptes sal verseker.
“Agri SA en sy affiliasies sal voortgaan om alle pogings aan te wend om te verseker dat boere beskerm word teen die ergste gevolge van die uitbreking, en om te verseker dat verbruikers minimale ontwrigting van voedselvoorrade ervaar as gevolg van die uitbreking,” deel Campher verder.
