Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 02 Nov 2022
FOTO: Photoxpress
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die Amerikaanse mieliemark het 'n vatbare styging van gemiddeld 1,25% behaal ná 'n rondte tegniese aankope, aangespoor deur die oorspoelsterkte vanaf koringpryse en stewige uitvoerinspeksiedata. Mexiko was die top mielie-invoerder. Kumulatiewe syfers is steeds onder verlede jaar se pas. Volgens die jongste data van die Europese kommissie is die invoer van mielies in die EU gedurende die 2022/23-seisoen meer as dubbel die tempo van die vorige jaar.
- Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het negatiewe marksentiment getoon ondanks ‘n sterker Amerikaanse mark. Pryse het tussen 0,6% en 1,4% laer verhandel.
- Die witmieliekontrak het vir November R73/ton swakker verhandel vir die dag om teen R5 398/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Desember het R56/ton swakker verhandel teen R5 405/ton.
- Die geelmieliekontrak vir November 2022 het verhandel teen R5 200/ton, R51/ton swakker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Desember teen R5 244/ton verhandel, R63/ton laer.
Sojabone:
- Die Amerikaanse sojaboonmark het mielie- en koringmarkte hoër gevolg ná 'n rondte tegniese aankope, aangespoor deur oorspoel sterkte vanaf mielies en koring. Gunstige uitvoerdata het ook verdere ondersteuning aan pryse verleen. Sojaboon-uitvoerinspeksies het hoër gespring as meeste verhandelingswenke. China bly die top-invoerder.
- Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het sterker verhandel, na aanleiding van die sterker Amerikaanse mark. Pryse het tussen 1,1% en 2,05% toegeneem.
- Die sojaboon November ’22-kontrak het R125/ton sterker verhandel teen R11 075/ton. Die sojaboon Desember ’22-kontrak het R189/ton sterker verhandel teen R11 197/ton. Die sojabon Mei ’23-kontrak het teen R9 100/ton, R103/ton hoër, verhandel.
Koring:
- Die Amerikaanse koringmark het in Maandag se sessie aansienlike positiewe marksentiment getoon. Winterkoringpryse het prysstygings van tot 5% getoon en lentekoringpryse tot 2,75%. Pryse is ondersteun deur die nuus dat Rusland die ooreenkoms van veilige deurgang vir vaartuie uit die Swartsee-streek laat vaar het. Koring-uitvoerdata was ongunstig en aan die laer kant van verhandelingswenke. Mexiko was die top-invoerder. Kumulatiewe uitvoer is effens laer as die vorige jaar se pas. Europese sagtekoring-uitvoer loop effens voor die vorige jaar se pas.
- Plaaslik: Die plaaslike koringmark het gemeng gesluit en het geen vatbare bewegings getoon nie ondanks ‘n sterker Amerikaanse mark.
- Die koring November ’22-kontrak het teen R7 324/ton verhandel. Die koring Desember ’22-kontrak het teen R7 392/ton verhandel, R1/ton sterker.
