On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 07 Nov 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Photoxpress.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die Amerikaanse mieliemarkpryse het 1,25% laer verhandel. Pryse het gedaal ná 'n rondte tegniese verkope aangespoor deur 'n sterker Amerikaanse dollar. Ongunstige uitvoerdata wat vrygestel is, het pryse verder onder druk geplaas. Mielie-uitvoerverkope neig ook laer as die vorige jaar se tempo. China is die grootste mielie-invoerder gevolg deur Mexiko en Japan. Brasilië spog met sterk uitvoerdata met syfers wat aandui dat mielie-uitvoere vir Oktober driemaal meer as die van Oktober 2021.
  • Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het gemeng maar meestal negatief gesluit. Pryse het is effens onder druk geplaas deur die sterker wisselkoers. Daar is ook ‘n mate van winsneming betrokke.
  • Die witmieliekontrak het vir November R8/ton sterker verhandel vir die dag om teen R5 419/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Desember het R18/ton swakker verhandel teen R5 405/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir November 2022 het verhandel teen R5 195/ton, R24/ton swakker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Desember het teen R5 241/ton verhandel, R32/ton swakker.

Sojabone:

  • Die Amerikaanse sojaboonmark het ander graanpryse laer gevolg op 'n rondte tegniese verkope aangespoor deur winsneming en kleiner as verwagte uitvoersyfers. Uitvoere was beskeie, maar groter syfers is verwag. Sojaboonuitvoere is effens agter 2021 se pas. China bly die grootste invoerder, gevolg deur Nederland en Egipte.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ook swakker verhandel op Vrydag weens ‘n mate van winsneming.
  • Die sojaboon November ’22-kontrak het R46/ton swakker verhandel teen R11 000/ton. Die sojaboon Desember ’22-kontrak het R92/ton swakker verhandel teen R11 020/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R9 220/ton, R4/ton hoër, verhandel.

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmarkpryse was gemeng maar meestal laer na 'n rondte ongelyke tegniese verhandeling. Marksentiment was meestal negatief aangesien 'n onstabiele ooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne in plek bly om veilige deurgang vir graanuitvoere te verseker. Koring-uitvoerbesendings was teleurstellend, wat ook druk op pryse geplaas het. Mexiko was die grootste invoerder gevolg deur Taiwan en Trinidad en Tobago.
  • Plaaslik: Die plaaslike koringmark het gemeng maar meer positief. Prys bewegings was maar marginaal.
  • Die koring November ’22-kontrak het teen R7 355/ton verhandel. Die Koring Desember ’22-kontrak het teen R7 359/ton verhandel, R6/ton sterker.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.