On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Baie reën in Oos-Vrystaat wek kommer

───   ELSABÉ RICHARD 15:29 Wed, 16 Nov 2022

Landbounuus-podcast: Baie reën in Oos-Vrystaat wek kommer | News Article
FOTO: Vrystaat Landbou/Facebook.

Kommer heers dat die optimale planttyd vir gewasse uitloop weens die voortdurende swaar reën oor dele van die Vrystaat.

’n Boer in die Bethlehem-omgewing, Hugo van Doornick, sê dat ryp vroeg in April ook ’n groot bekommernis is, indien boere later vandeesmaand plant. Hy sê sommige van die boere wat voor die reën kon plant, ly nou versuipskade.

Intussen word boere en gemeenskappe wat stroomaf van damme en riviere geleë is, aangeraai om versigtig te wees weens die groot watervolumes wat hierdie week verwag word. Die Departement van Water en Sanitasie is besorg oor die Vrystaatse oorvol damme. 

’n Onafhanklike kontrakteur is deur die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer aangestel om die R30-pad tussen Allanridge en Bothaville reg te maak. Vrystaat Landbou se Jack Armour sê die departement sal na verwagting met boere en gemeenskapslede vergader aangesien die slegte toestand van dié pad 'n hindernis vir boere se produksie is.

EN

Al die uitdagings wat katoenprodusente ervaar, het die behoefte beklemtoon om die veerkragtigheid van dié sektor te versterk en die hervorming van katoenhandel te bespoedig. Katoenproduserende lande het hulle uitdagings tydens vergaderings met die Wêreldhandelsorganisasie verlede week bekend gemaak. 'n Beroep is gedoen vir bykomende finansiële hulpbronne en tegniese bystand ter ondersteuning van ontwikkelingsprojekte in dié sektor.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.