On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: 16 mense van Julie tot September op plase vermoor

───   ELSABÉ RICHARD 16:12 Thu, 24 Nov 2022

Landbounuus-podcast: 16 mense van Julie tot September op plase vermoor | News Article

Sestien mense het hulle lewe verloor in tien afsonderlike voorvalle op plase in Suid-Afrika die afgelope kwartaal.

Volgens die polisie se misdaadsyfers vir Julie tot September, is 8 van die 16 slagoffers op Vrystaatse plase vermoor. Een plaasmoord is gedurende dié periode aangemeld in Noordwes. 

Produsente bou tans kuddes op, wat 'n versterkende uitwerking het op die lewendehawe mark. Dit is volgens 'n bekende in die veebedryf, Chris Derksen, wat weekliks veilingspryse vir lewendehawe verskaf. Derksen sê vet-koeie is nog skaars, en verwag dat hul pryse ná die somer weer sal daal, aangesien dié koeie weer vrylik beskikbaar sal wees. Derksen vertel wat van die veilingspryse was.

EN 

Die Benede-Oranjerivier is vatbaar vir oorstomings weens die onvoltooide vloedwalle wat in 2011 se oorstromings beskadig is. Net drie-kwart van die vloedwalle is herstel. Agri Noord-Kaap-president, Nicol Jansen, verwag egter dat die riviervlakke die naweek sal daal.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.