On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

‘Ek hou van ‘n uitdaging,’ sê vroulike tegnikus

───   ELSABÉ RICHARD 08:00 Thu, 08 Dec 2022

‘Ek hou van ‘n uitdaging,’ sê vroulike tegnikus | News Article
FOTO: Verskaf.

Die trots sentraal Suid-Afrikaanse tegnikus, Nico-Anne Jansen, staan vir niks terug nie én hou graag van uitdagings.

Jansen, wat oorspronkik van Vryburg in Noordwes is en nou in Bothaville in die Vrystaat woon, is die enigste vroulike tegnikus op seisoen twee van die Massey Ferguson Master Mechanic-realiteitsprogram. 

“Ons kry nie baie blootstelling aan die buitewêreld nie, óf jy word só in ‘n posisie geplaas van dít is wat [gestudeer] moet word, en ek het gesê kom ek gee [motorwerktuigkunde] ‘n kans.

LEES OOK: Begin jou eie boerdery, moedig NK-skaapboer vroue aan

“My pa het altyd aan karre gewerk, kom ek kyk miskien is my liefde daar, en ek het ‘n kans gevat daarmee.”

LEES OOK: #Vrouemaand: Kalahari-sand kleef aan merkwaardige boer se skoene

Van die uitdagings op die program was kommunikasie en tyd om alles te voltooi, vertel Jansen.

Haar deelname in dié realiteitsprogram volg nadat sy versoek is om 'n video van haar werk in te dien. 

‘n Senior tegnikus by Barloworld BHBW Agriculture, waar sy werksaam is, wat ook deel van seisoen een van die realiteitsprogram was, het “my geïnspireer en gesê ek moet ‘n kans vat. Hy het die video geneem, ek het dit toe ingestuur, en dis hoe ek deel van die [realiteitsprogram] geword het.”

Boodskap vir ander vroue

“Ten spyte daarvan dat daar vroue is wat graag die beroep [wil betree], as jy die beroep wil betree, moet jy regtig jou kop so instel dat dit is wat jy wil doen.

“Jy moet die harde werk, die tyd wat jy insit, die dedication, al daardie goed moet daar wees. Daar is sekere eienskappe wat jy as ‘n persoon moet hê om die beroep te kan doen. En dit help nie jy begin dit doen en dan na die tyd dan sien jy jy kan nie deurdruk met dit nie.

“So, as ‘n vrou moet jy steeds deurdruk en jy moet dit wíl bereik, en jy moet alles insit om dit te maak. Dan kán dit werk - mans of vroue, maak nie saak nie.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.