Agriculture
‘n Kykie na stories wat in 2022 landbou-nuusopskrifte gehaal het─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 22 Dec 2022
OFM-nuus deel wat van die stories wat in 2022 landbou nuusopskrifte gehaal het.
Die moord op sewe mense op die plaas Lismor buite Kestell in die Vrystaat, het landwyd nuusopskrifte gehaal. Die eienaar van die plaas, Alheit Smith, is diep geraak. Een van die slagoffers op wie se liggame hy Vrydag, 15 Julie vanjaar afgekom het, was sy vrou.
Smith, wat reeds meer as 40 jaar op die plaas woon, het met OFM-nuus gedeel dat sy hele lewe van hom weggeneem is en dat hy nie meer verder sonder sy vrou kan boer nie. – Twee verdagtes is intussen in verband met die moorde in hegtenis geneem, en sal weer in die hof verskyn.
LEES OOK: ‘Nou het ek nie meer ‘n rede om te boer nie’
Die grootste prysbewegings in landboukommoditeite is aangeteken die dag toe Rusland die Oekraïne ingeval het. Dit is volgens Heleen Viljoen, landbou-ekonoom by Graan SA, wat vroeër vanjaar aan OFM-nuus verduidelik het dat die grootste prysstygings by sonneblom en koring gesien is, terwyl ander graanpryse ook prysstygings gesien het. Sy deel ook dat prysstygings op 24 Februarie begin het toe die nuus gebreek het dat Rusland die Oekraïne ingeval het.
LEES OOK: Rusland-Oekraïne-konflik het landboukommoditeite só geraak
Viljoen het ook gepraat oor die hoë sonneblomoliepryse weens die die oorlog in die Oekraïne.
LEES OOK: Landbou-ekonoom gesels oor huidige sonneblomoliepryse
Silo-ongelukke gebeur selde in Suid-Afrika, en indien dit plaasvind, is dit moontlik ‘n fratsongeluk. Dit is volgens Dries van der Linde, die Operasionele Bestuurder van Graan by OVK, in reaksie op ‘n voorval waar ‘n vrou en kind in Julie vanjaar in ‘n mielie-silo op ‘n plaas in Mpumalanga geval het.
Van der Linde het aan OFM-nuus gesê Suid-Afrika het wetgewing in plek om veiligheid by silo’s te handhaaf.
LEES OOK: Veiligheidsmaatreëls belangrik om silo-ongelukke te verhoed
‘n Analise om die samestelling van die slik te bepaal wat dele van Jagersfontein bedek, is in September deur die Universiteit van die Vrystaat voortgesit. Hierdie analise volg nadat ‘n slikdam van ‘n myn in daardie omgewing gebreek het en groot verwoesting tot gevolg gehad het. OFM-nuus het met dr. Robert Hansen en dr. Mariana Erasmus van die Universiteit van die Vrystaat hieroor gesels.
ALSO READ: Houses, cars swept away by strong stream of water in Free State town | WATCH
China het vroeg in April ’n verbod op die invoer van gesplete hoefdiere en hul produkte uit Suid-Afrika aangekondig, weens die uitbreking van bek-en-klouseer. OFM-nuus het met Deon Saayman van Cape Wools SA gesels, wat gedeel het dat die Suid-Afrikaanse wolbedryf jaarliks sowat 45 miljoen kilogram wol produseer, en daarvan word 80% na China uitgevoer wat dit Suid-Afrika se grootste handelsvennoot maak wanneer dit kom by wol.
ALSO READ: Wool industry heavily impacted by China’s ban on imports due to FMD
