Agriculture
Meer as 14 000 bale by 18de 2022/23-wolveiling aangebied─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 03 Feb 2023
Meer as 14 000 bale is by vandeesweek se wolveiling aangebied. Dit, nadat meer as 2 600 bale voor die veiling onttrek is.
Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,2% vir nie-RWS en 1,3% vir RWS wol gestyg teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R177,70/kg en R191,46/kg, onderskeidelik gesluit.
“Op die OVK-veiling is 4 068 bale aangebied, waarvan 97,76% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R213,10/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BFY van 16.6 mikron, uit die skeersel van Edcot Trust, vanuit die Oos London-distrik.
“Die koper was Standard Wool SA,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 8 Februarie geskeduleer.
