Agriculture
Dieselprys styg, maar aansienlik minder as petrol─── ELSABÉ RICHARD 14:16 Wed, 01 Mar 2023
Februarie en Maart is gewoonlik nie 'n besige maand vir graanprodusente wat groot dieselverbruikers is nie. Teen dié tyd het hulle reeds lande klaar bewerk en wag vir oestyd om aan te breek.
Dawie Maree, Hoof: Landbou-inligting en -bemarking by FNB, sê die verwagte 30 sent per liter verhoging behoort nie 'n groot impak op hierdie produsente te hê nie.
Maar die verhoging sal wel 'n effek hê op die vervoer van landbouprodukte.
"Ons moet in ag neem dat 80% van ons landbouprodukte word per pad vervoer, so die dieseluitgawe is natuurlik baie groot daar op."
Impak van bandstofverhoging op algemene verbruikers
Petrolpryse het met R1,27 per liter gestyg.
Maree sê verbruikers verkeer reeds onder druk as gevolg van die stygings in die rentekoers die afgelope jaar. Daarmee saam is besteebare inkomste ook onder druk.
"Voedselprysinflasie is ook relatief hoog. So, 'n petrolprysstyging van meer as R1,20 [sent per liter] gaan die verbruiker net verder onder druk plaas. Dit is juis die verbruiker wat landbouprodukte moet koop."
Stygende insetkoste
Internasionale faktore dra grotendeels by tot die styging in Landbou-insetkoste, soos die oorlog in Oekraine.
Maree deel verder dat verdere stygings kan verwag word nadat China se ekonomie weer begin groei en oopgemaak het.
Maar oor die algemeen is die stygings nie so hoog soos in 2022 nie.
