On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 06 Mar 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO deur Livier Garcia: https://www.pexels.com/photo/bunch-of-corn-cob-1459331/

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die Amerikaanse mieliepryse het Donderdag se sessie begin met matige stygings oornag, wat uiteindelik byna verdwyn het nadat handelaars teruggeskuif het na tegniese verkope te midde van 'n lou rondte uitvoerdata wat Vrydagoggend deur die USDA vrygestel is.
  • Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het redelik sywaarts verhandel in Vrydag se sessie. Pryse het gemeng maar meestal positief verhandel.
  • Die witmieliekontrak het vir Maart ’23 R14/ton swakker verhandel vir die dag om teen R4 125/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie '23 het R2/ton swakker verhandel teen R3 960/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir Maart ’23 het verhandel teen R4 205/ton, R11/ton sterker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie ’23 het R10/ton sterker teen R4 160/ton verhandel.

 Sojabone:

  • Die Amerikaanse sojaboonmarkpryse het met 1% gestyg vir 'n tweede agtereenvolgende dubbelsyfer-toename sessie na 'n rondte tegniese aankope wat deels aangespoor is deur nog 'n verlaging van Argentinië se produksiepotensiaal.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het gemeng maar meestal positief verhandel met die spotmaand wat ondersteuning verloor het maar die verder maande wat beter presteer het.
  • Die sojaboon Maart ’23-kontrak het R38/ton swakker verhandel teen R9 350/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het R34/ton sterker verhandel teen R8 699/ton. Die sojaboon Julie ’23-kontrak het teen R8 865/ton, R36/ton sterker verhandel.

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmarkpryse het gesonde stygings behaal wat meestal tussen 1% en 1,5% gewissel het. Dit volg ná 'n rondte tegniese aankope wat grootliks aangespoor is deur 'n groeiende kommer dat die huidige Swartsee-ooreenkoms nie verleng sal word as Rusland 'n formele beswaar maak teen hoe dit tans gestruktureer is nie.
  • Plaaslik: Die plaaslike koringmark het ondersteuning verloor. Verliese was marginaal.
  • Die koring Maart ’23-kontrak het teen R6 615/ton verhandel, R8/ton swakker. Die koring Mei ’23-kontrak het teen R6 640/ton verhandel, R4/ton swakker.

 OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.