Agriculture
Landbounuus-podcast: Noordwes-boer se moordverdagtes steeds soek─── ELSABÉ RICHARD 16:19 Mon, 06 Mar 2023

Noordwes-polisie is steeds opsoek na verdagtes ná die moord op 'n bejaarde boer in die Potchefstroom-omgewing.
Polisiewoordvoerder, Sam Tselanyane, sê die 74-jarige slagoffer Johan Bekker se Mercedes-nutsvoertuig is ook nog nie gevind nie. Bekker is vroeg in Februarie op sy kleinhoewe in Vyfhoek vermoor, vermoedelik deur vier mans wat op die eiendom werk.
Die Noord-Kaapse Deptartement van Landbou is een van dié wat lamgelê word deur die landwye Nehawu-staking. Noord-Kaapse Nehawu provinsiale sekretaris Moleme Moleme sê die vakbond en ander staatsdiensvakbonde is ontevrede oor salarisse en ander voordele. Die stakings duur onbepaald voort.
Dekgewasse hou verskeie voordele in vir boerderye. Volgens Graan SA se Pietman Botha verskaf dekgewasse nie net meer weiding vir diere nie, maar dit bevorder ook die biologiese lewe in die grond. Hy sê dekgewasse het ook die potensiaal om inkomste te verhoog.
EN
Verskeie landboubeleide is reg vir implementering vanjaar. Die Landbousakekamer se Wandile Sihlobo sê die afgelope vier jaar het verskillende inisiatiewe gesien wat probeer het om vertroue in die sektor te verhoog.