On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 17 Mar 2023

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: Magda Ehlers (https://www.pexels.com/photo/assorted-color-intermodal-containers-2547972/)

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf.

Suid-Afrika se gryslys-status het nie net ‘n impak op landbou nie, maar op alle sektore wat goedere in- en uitvoer. Bongi Kunene van die Bankvereniging van Suid-Afrika sê egter dis nou te vroeg om definitief te wees van wat dit vir elke sektor gaan beteken. Volgens Kunene het die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, na dié nuus homself daartoe verbind dat die land teen Januarie 2025 van die gryslys afgehaal sal word.

Kanse vir baie swaar reën wat verdere vloede langs die Benede-Oranje- en Vaalrivier kan veroorsaak, is skraal, hoewel damme nog propvol is en van die riviere nog in vloed is. Onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, sê die kanse is goed dat ‘n El Niño-verskynsel – die teenoorgestelde van ‘n La Niña – kan ontwikkel van Augustus/September.

Die Noord-Kaapse Departement van Landbou sê hy ontvang nie meer berigte van sprinkaan-uitbrake in die provinsie nie. Agri SA se Andrea Campher het verlede jaar kommer uitgespreek dat die 2022/23-somerseisoen tot nóg 'n groot sprinkaan-uitbreking sal lei as daar nie proaktiewe maatreëls getref word nie.

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging verseker sy lede dat hy in 2023 namens hulle sal veg teen 'n wye verskeidenheid kwessies. Die vereniging se Izaak Breitenbach sê hierdie kwessies wissel van die bevordering en uitbreiding van die bedryf deur die pluimvee-meesterplan tot die beskerming teen onregverdige invoertariewe.

EN

Brandstroke moet ten alle tye in stand gehou word aangesien dit beskerming kan dien om die boer uit die moeilikheid te hou. Sentraal-Suid-Afrika het die afgelope maande goeie reën ontvang wat tot 'n oormaat brandbare materiaal in velde gelei het. Vrystaat Sambreelbrand-beskermingsvereniging se Johan Breytenbach waarsku dit moontlik vanjaar kan 'n besige brandseisoen wees.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.