Agriculture
Wolmark neig afwaarts tydens 27ste wolveiling─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 07 Apr 2023
Die plaaslike wolmark het die afwaartse neiging in die Australiese mark gevolg, met verdere druk van die sterker rand.
Sien onderstaande PODCAST
Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,3% vir nie-RWS en 3,6% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R167,05/kg en R179,93/kg, onderskeidelik gesluit.
“Op die OVK-veiling is 1 448 bale aangebied, waarvan 97,65% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R189,10/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot BFFY van 17.7 mikron, uit die skeersel vanuit McNaughton Farming CC, van uit die Graaff-Reinet-distrik.
“Die koper was Segard Masurel SA,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 29 April geskeduleer.
